No Image Caption

20 jaar gelede

Maandag 17 Junie 2002

- Ná Saterdag se wegholoorwinning oor Madagaskar is die Namibiese rugbyspan sterk op pad om te kwalifiseer vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië.

- Polisie-doeltreffendheid en optrede met gesteelde voertuie is midde ’n konfiskeringsveldtog in Namibië in die soeklig met ’n klaer van Kaapstad wat sy bakkie in Windhoek soek.

- Die veiligheidsituasie aan die grens tussen Namibië en Angola teenoor die Kavango- en Caprivistreke het sodanig verbeter dat die Regering hierdie naweek aangekondig het dat die konvooi-stelsel tussen Bagani (Divundu) en Kongola nou amptelik afgestel is.

Dinsdag 18 Junie 2002

- Namibiese mediese owerhede, as deel van ’n wêreldwye inisiatief, het vandag sy Nasionale Inentingsveldtog teen die polio-virus begin.

- Nog ’n dissiplinêre verhoor wag op die Air Namibia-bestuur nadat twee vroulike personeellede mekaar Donderdag in ’n vuisgeveg in die hoofkantoor aangevat het.

Woensdag 19 Junie 2002

- Hoe ’n weeskind in Namibië gedefinieer sal word, gaan in die toekoms bepaal hoe die mense wat hulle in dié situasie bevind deur die Regering en internasionale skenkersorganisasies hanteer sal word.

- Die Holiday & Travel Expo wat jaarliks deur Travelnews Namibia en Republikein aangebied word, het vier jaar gelede ontstaan as ’n vertoonvenster vir die toerismenywerheid in Namibië.

- Die kwessie óf Telecom Namibia vir ’n oorgangstydperk eksklusiewe regte op stemdienste behoort te hê, bly een van die haakplekke in die aanvaarding van die konsepwetsontwerp op kommunikasie.

Donderdag 20 Junie 2002

- Oorde van die sentrale kusgebied het dit gisteroggend ontgeld toe die Atlantiese See Namibië gelooi het met sy Kaapse woede.

- ’n Senior Swapo-leier het gister in die NV onder staatskorporasies ingeklim en sy kommer uitgespreek oor die miljoene dollars wat jaarliks deur die staat in sommige van die semi-staatsinstellings ingepomp word.

- ’n Dringende behoefte bestaan om die land se onderrig- en opleidingsdienste te versterk om positief op die gemeenskap se vereistes te reageer.

Vrydag 21 Junie 2002

- Die herstrukturering van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) en moontlike verpligte uitdienstredingspakkette van personeel is vandag op die sakelys wanneer die voorsitter van die NBC-raad, mnr. Uazuva Kaumbi, en die Minister van Buitelandse Sake, Inligting en Uitsaaiwese, mnr. Theo-Ben Gurirab, mekaar ontmoet.

- Die openbare stryd rondom die aftrede van die aanklaer-generaal, advokaat Hans Heyman, is besleg met ’n ooreenkoms dat hy op 31 Julie aftree.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!