20 jaar gelede - vir Vrydag 3 Oktober 2025
MAANDAG 26 SEPTEMBER 2005• Onderwyl die Namibiese Landbou-unie (NLU) die naweek die polisie geloof het vir flink wyse waarop dreigende arbeidsonrus op twee plase naby Gobabis Vrydag ontlont is, het ’n Swapo-politikus die optrede van die polisie gekritiseer en gesê dit was niks anders as ’n vermorsing van die staat se geld nie.
DINSDAG 27 SEPTEMBER 2005
• Druk is besig om op te laai teen die Swapo-president, mnr. Sam Nujoma, om as leier van die party uit te tree. • Die staking van meer as 650 werkers gister by die 22 oorde van Namibia Wildlife Resorts (NWR) het toerisme tydelik tot stilstand geruk. • ’n Doeanepakhuis op Oshikango was gisteroggend die jongste teiken van die uitgebreide ondersoek na belastingbedrog en korrupsie deur die Ministerie van Finansies.
WOENSDAG 28 SEPTEMBER 2005
• ’n Suid-Afrikaanse regter was die afgelope naweek ’n slagoffer van burokratiese rompslomp en blatante onbeskoftheid deur Namibiese immigrasiebeamptes.
• Die twee mans wat op binnekringtelevisie saam met die onthoofde moordslagoffer by ’n diensstasie gesien is, het hulself by die polisie op Keetmanshoop aangemeld en is nie verdagtes in dié gru-aanval nie.
DONDERDAG 29 SEPTEMBER 2005
• Die dood van die legendariese Nazi-vervolger, Simon Wiesenthal, en ’n advertensie in ’n Swakopmund-weekblad, Plus, het opnuut die spook van Neo-Nazi simpatie losgelaat.
• Die militante Adjunkminister van Visserye, mnr. Kilus Nguvauva, is terug by die onderhandelingstafel nadat hy die naweek kommersiële boere van die Omahekestreek met onteiening gedreig het.
VRYDAG 30 SEPTEMBER 2005
• Ondanks die hoof van die polisie, lt-genl. Sebastian Ndeitunga, se mening dat nalatigheid deur die bevelvoerder van die eenheid vir ernstige misdrywe aanleiding gegee het tot mnr. Lazarus Kandara se dood, gaan die staat niemand in dié verband vervolg nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie