Photo Caption
Photo Caption

20 jaar gelede

-

MAANDAG 25 SEPTEMBER 2006

– Wanneer klein Monika en haar Siamese tweelingsussie Taimi oor sowat drie maande in die Rooi Kruis Kinderhospitaal in Kaapstad geskei word, sal een moet sterf sodat die ander een kan leef.                      

– Die gruwel-plaasmoord op ’n bejaarde in die Leonardville-omgewing het Vrydag skokgolwe deur die oostelike dele van die land gestuur.

– Me. Alexandra Mooren (44) en haar moordenaar het sowat 15 sentimeter van mekaar af met hul gesigte na mekaar gestaan toe hy haar geskiet het.   


DINSDAG 26 SEPTEMBER 2006

– Sedert Saterdagmiddag worstel natuurbewaarders met ’n nuwe brand in die Etosha Nasionale Park wat reeds duisende hektaar weiding van ’n noordelike kamp verwoes het.  

– Die oorlog om ’n beduidende markaandeel in die telekommunikasiesektor is in volle swang met Telecom Namibia wat nou verbruikers se guns met goedkoper oproepe probeer wen.

– Grondbelasting met ’n byt is nodig om die huidige stadige vordering met grondhervorming in Namibië te beëindig. 

                                                        

WOENSDAG 27 SEPTEMBER 2006

– Die jaarlikse Windhoek Skou maak sy hekke Vrydagoggend vir die 48ste keer oop en die verwagting is dat ’n rekordaantal skougangers dié spesiale geleentheid gaan bywoon.                                      

– Die masker is afgeruk van ’n toesmeerveldtog by TransNamib waarby die Minister van Werke, Vervoer en Kommunikasie, mnr. Joel Kaapanda, nou ook ingesleep is.      

– Speurders van die polisie se eenheid vir ernstige misdaad in Windhoek is gister na Solitaire op die rand van die Namibwoestyn ontplooi in ’n poging om die diefstal van ’n kluis op te los.


DONDERDAG 28 SEPTEMBER 2006

– Namibië het binne die bestek van net twee jaar meer as dertig plekke op die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se Mededingendheidsindeks, een van die vernaamste internasionale sakeranglyste, getuimel.               

– Namibië is waarskynlik die eerste land ter wêreld wat daarin kon slaag om 100 persent van die bevolking tydens ’n nood-immunisasieveldtog te bereik.

– Terwyl ’n vermeende Namibiese moordenaar gisteroggend in die Windhoekse landdroshof moes verskyn, was hy glo in ’n vliegtuig op pad terug van Londen af.                                                 


VRYDAG 29 SEPTEMBER 2006

– ’n Wye verskeidenheid diere- en voëlspesies én hul habitat was gister in gevaar toe ’n brand oor die noordgrens van die Daan Viljoen Wildreservaat gekruip het.                          

– ’n Voortvlugtige Amerikaner het Woensdag sy rieme in een van die huise van die Windhoek Buitekluboord se luukse golflandgoed styfgeloop.   

– Die spook van die mislukte swart bemagtigingsprojek op Witvlei, !Uri !Khubis, het weer sy kop uitgesteek met eise dat ’n forensiese oudit ingestel is en die individue wat persoonlike voordeel uit die vermiste miljoene getrek het, aan die man gebring word.

Kommentaar

Republikein 2026-10-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer