20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

-

MAANDAG 10 JULIE 2006

– Die uitstaande skuld van begunstigdes van die Saambou-program staan op N$6,2 miljoen ten spyte daarvan dat slegte skuld ten bedrae van N$6,5 miljoen reeds afgeskryf is.              

– Die mark vir kommersiële plase bevind hom opnuut voor ’n nuwe struikelblok nadat die Ministerie van Grond en Hervestiging ’n kwotastelsel ingestel het vir die uitreiking van kwytskeldingsertifikate.  


DINSDAG 11 JULIE 2006

– Die vleisbedryf, van produsente tot die handelsektor, trek vandag weer in Windhoek saam om opnuut te besin oor die Regering se voorgestelde speenkalfskema wat op 1 November in werking moet tree.                   

– ’n Petrolprys van byna N$6 per liter wink gevaarlik op die Windhoekse horison met ’n styging van sowat 6% wat binnekort in werking sal tree.      

– Die Namib blom vanjaar vir die tweede keer.                                                           


WOENSDAG 12 JULIE 2006

– ’n Noodvergadering word môre in Windhoek gehou om die gebrek aan doeltreffende afvalbeheerstelsels by staatshospitale in die land te bespreek en met ’n nasionale plan vorendag te kom.                          

– Die grondhervorming- en hervestigingsprogramme van die Regering is in skande gedompel nadat die eerste bewyse aan die lig gekom het dat vooraanstaande en hoë staatsamptenare voorkeur geniet bo armlastige kommunale boere.     

– Die werknemersdrumpel om maatskappye te verplig om aan die Wet op Regstellende Aksie te voldoen, is met onmiddellike effek van 50 tot 25 verminder.


DONDERDAG 13 JULIE 2006

– Namibië hoop om ondanks die grootskaalse polio-uitbreking binne die volgende vyf jaar as ’n poliovrye land gesertifiseer te word.      

– Die lot van straatkinders en haweloses in Windhoek is gister in die hande van die stadspolisie geplaas toe meer as 30 van hulle onder brûe en geboue verwyder is.                  

– Goeie nuus vir produsente van speenkalwers wat van Oktober af swaar uitvoerheffings in die gesig staar, is dat die Kabinet gevra gaan word om uitstel te verleen vir die implementering van die heffings.

                          

VRYDAG 14 JULIE 2006

– Namibië as vakansiebestemming vir Suid-Afrikaners is vanjaar ’n goedkoper opsie om in hulle eie land vakansie te hou.                      

– Die rommelkrisis by die Katutura-staatshospitaal wat kenners meen ’n gesondheidsrisiko inhou omdat gevaarlike mediese en menslike afval op ’n steeds groterwordende vullishoop agter die hospitaal gestort word, gaan vandag aandag kry. 

– Die Israeliese aanval wat gisteroggend met vliegtuie op verskeie strategiese stellings in Lebanon geloods is, het ’n angssweet op die vooghoofde van ’n Namibiese huisgesin laat uitslaan. 



Kommentaar

Republikein 2026-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer