20 jaar gelede
MAANDAG 15 MEI 2006
– ’n Gyselaarsdrama het hom Saterdag voor die oë van honderde kliënte in een van die openbare ruimtes van die Maerua-inkoopsentrum afgespeel.
– Die “koning” van Walvisbaai is onttroon.
– Die burgemeester van Windhoek, mnr. Matheus Shikongo, het raadslede Vrydag by sy herkiesing tot die amp herinner dat kiesers se behoeftes swaarder as partypolitiek weeg.
DINSDAG 16 MEI 2006
– Die Namibië Toerisme Expo het Saterdag vir die agtereenvolgende jaar suksesvol afgesluit.
– Namibiërs se keuse ten opsigte van nog ’n selfoondiensverskaffer gaan binnekort ’n werklikheid word.
– Omvattende planne oor grondhervorming in Namibië is deur die Kabinet goedgekeur.
– Twee van die land se vroulike streekgoewerneurs was gister aan die spits van ’n veldtog om die proses van herverdeling van grond en gepaardgaande korrupsie en nepotisme tot op die been oop te vlek.
WOENSDAG 17 MEI 2006
– ’n Ernstige tekort aan bloed in die land dwing die Bloedoortappingsdiens van Namibië om nou op ’n daaglikse grondslag dubbeld die normale hoeveelheid bloed in te samel.
– Sogenaamde skete in die staat se speur- en aanklawerk het opnuut witwarm vonke laat spat toe die hoofbeen van die Caprivi-hoogverraadverhoor gister na ’n pouse van net meer as ’n maand in Windhoek hervat het.
DONDERDAG 18 MEI 2006
– Minstens 12 skoolkinders is gister beseer toe die minibus waarin hulle was in ’n botsing met ’n taxi betrokke was.
– Namibiërs moet hulle in die afsienbare toekoms vir ongekende skokke in die prys van brandstof staal.
– Harde woorde en selfs beskuldigings dat lede van die Kwangali-stamowerheid hulle aan hoogverraad skuldig maak, het die week in die voortslepende weidingsdispuut in die westelike dele van die Kavangostreek geval.
VRYDAG 19 MEI 2006
– Twee gelaaide pole is op Swakopmund teenoor mekaar opgestel na ’n beweerde vonds van omstrede mediese afval op die dorp se ashope.
– Die opspraakwekkende verhoor en die vier verdagtes in die Kareeboomvloer-moordsaak het gister anders as wat die verwagting was, nie tydens die voorverhoor in die Hoërhof behoorlik uit die blokke gekom nie.
– Die spoke van beweerde ongerymdhede tydens die kongres van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers, (NUNW) kom nie tot rus nie met die Nasionale Unie vir Namibiese Onderwysers (Nantu) wat nou weier om voortaan die maandelikse affiliasiefooie aan die sambreelorganisasie te betaal.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie