20 jaar gelede
MAANDAG 10 APRIL 2006
– Die verhouding tussen die goewerneur van die Hardapstreek, me. Katrina Hanse, en senior amptenare van die streekraad het breekpunt bereik toe die polisie Vrydag ’n amptenaar op ’n beweerde klag van diefstal van staatseiendom wou arresteer.
– Donkies wat glim in die nag, hierdie nuwigheid sal die komende Paasnaweek op Namibiese paaie te sien wees.
– ’n Program om beleggings uit Europa na verskillende sektore in die ekonomieë van ontwikkelende lande in Afrika te lok, is vanjaar weer van stapel gestuur.
DINSDAG 11 APRIL 2006
– Alle wetstoepassingseenhede in die land konsentreer van gister af op padveiligheid met die aanbreek van die Paasnaweek wanneer derduisende Namibiërs en buitelandse besoekers die land gaan deurkruis op soek na hulle plekke in die son.
– Die vloedwater in die Zambezirivier is besig om die Ngomahek in die Choberivier te nader en inwoners van die Ibbu-omgewing in Namibië is teen moontlike oorstromings gewaarsku.
– ’n Omvattende ondersoek is deur Rössing Uraan gelas nadat stukke besoedelde vlekvrye staal by ’n skrootwerf in Kaapstad uitgeslaan het.
– Polisiëring in die Karasstreek stuur op ’n krisis af nadat nege polisiemanne Donderdag in opdrag van die Inspekteur-generaal van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, uit die mag geskors is.
WOENSDAG 12 APRIL 2006
– Die Hardap-streekraad het die wiele aan die rol gesit om gronde te vind vir die skorsing van die hoofstreekbeampte, mnr. James Sankwasa, en die hoofbeheerbeampte, mnr. Leonard Stephanus.
– Arbeidsonrus het gister vir die tweede keer dié jaar op Lüderitz losgebars waar meer as 300 werkers van die staat se vismaatskappy, Seaflower Whitefish Corporation, nou aan ’n staking deelneem.
– Die polisie het al Vrydagnamiddag uit die onherbergsame gebied langs die Kunenerivier die spoor van die sogenaamde “siener” gevat wat verlede week aan Republikein voorspel het dat die einde van die wêreld op 27 April gaan aanbreek.
DONDERDAG 13 APRIL 2006
– ’n Dringende behoefte bestaan om die finansiële dienstesektor in die land te hersien sodat Namibië meer kompeterend kan wees en om die ekonomiese prestasies te versterk.
– Die Jones-broers is weer kniediep in die moeilikheid.
– In een van die grootste sekwestrasie-aansoeke ooit in Namibië gaan die Hoërhof op 24 April hoor dat die boedel van wyle mnr. Danie van der Merwe van Comav nie solvent is nie aangesien sy laste van sowat N$49 miljoen sy bates oorskry.
VRYDAG 14 APRIL 2006
– Publieke vakansiedag


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie