20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

-

MAANDAG 13 MAART 2006

– Nege sterfgevalle word op Walvisbaai aan die dorp se voortslepende waternood en ’n hittegolf langs die kus toegeskryf.                                                         

– Die ongekende hoë voorkomsyfer van arbeidsgeskille, stakings en vreedsame demonstrasies hou ’n groot bedreiging in vir Namibië se vermoë om buitelandse beleggers te lok.    

– Die Namibiese toerismemark is toegespits op verdere groei en bly die belangrikste mark in alle Duitssprekende gebiede.


DINSDAG 14 MAART 2006

– In Windhoek en op Grootfontein loop fonteine wat die afgelope 16 jaar kurkdroog was.

– Die Maatskaplike Voorsorgkommissie het weer sy vingers verbrand met ’n belegging en hierdie keer het meer as N$27,2 miljoen in die water beland.  

– Onderwysers sal volgende maand op hul betaalstate die eerste resultate sien van ’n vergoedingstryd wat verlede jaar by dreigemente van ’n landswye staking gedraai het.    

– Twee senior personeellede van die Universiteit van Namibië, waaronder ’n visekanselier, is gister weens beweerde diefstal geskors.


WOENSDAG 15 MAART 2006

– Die begroting wat môre in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê word, behoort min verrassings op te lewer, aangesien Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila haar inkomste- en bestedingsraamwerk vir die rollende begroting oor drie jaar reeds verlede jaar bekend gemaak het.          

– Die verwagte surplus waarmee die Minister van Finansies die nasie môre met die 16de nasionale begroting wil beïndruk, is ondeurdag en kan Namibië ekonomies keel afsny.    

– Dit is nie nou die tyd om beskuldigende vingers oor die Mariental-vloed te wys nie, maar daadwerklike oplossings moet eerder vir dié dorp gesoek word.               


DONDERDAG 16 MAART 2006

– ’n Bielie van ’n luislang het verlede week vir konsternasie in Klein Windhoek gesorg.

– ’n Boete wat nie N$4 000 of 12 maande gevangenisstraf oorskry nie, sal vanaf 1 Junie vanjaar die voorland wees vir werknemers wat nie hul werkers by die Maatskaplike Voorsorgkommissie geregistreer het nie.   

– Die reënweer is weer by die voordeur met buie so hoog as 100 mm wat reeds Dinsdag in die Ooste van die land uitgesak het.


VRYDAG 17 MAART 2006

– Ná 16 probeerslae is Namibië uiteindelik op pad na ’n gebalanseerde begroting: een wat groei aanwakker en armoede verlig sonder dat die land se skuldlas oënskynlik met hom weghol.            

– Misbruike – vernaam deur hooggeplaastes – vreet oënskynlik ’n kommerwekkende deel van die staatsgeld op wat ’n dak oor behoeftige inwoners se koppe moet bring.

Kommentaar

Republikein 2026-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer