20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

-

MAANDAG 13 FEBRUARIE 2006

– ’n Uitstappie na die bekende klowe en poele van die Namib-Naukluft-park het vir ’n Windhoekse sakeman in tragedie ontaard toe sy vrou en twee dogters deur die Gororosibrivier meegesleur is.

– ’n Stryery tussen ’n 56-jarige vrou en haar dogter wat sedert Vrydag by ’n huis in die Dolam-woonbuurt in Katutura begin het, het Saterdagmiddag tragies geëindig toe die bekende me. Christofina !Nowases (56) deur haar eie dogter met ’n kombuismes doodgesteek is.   

– In ’n wending op die nasionale debat oor die gehalte van onderwys in Namibië, sê die Onderwysersunie van Namibië (TUN) hy hou by sy standpunt dat die Cambridge-onderwysstelsel ’n mislukking is en rampspoedige gevolge vir die land inhou.


DINSDAG 14 FEBRUARIE 2006

– ’n Boer wat Saterdag in die Namib-Naukluft-park help soek het na die Windhoekse rekenmeester en haar twe dogters wat deur ’n onverwagse vloedgolf in ’n sytak van die Naukluftrivier meegesleur is, sê ’n harde donderbui sowat tien kilometer van dié plek het al wat rivier is in ’n oogwink laat loop. 

– Vir die eerste keer sedert die proses van plaasonteiening in die land begin het, het die Hoërhof gister in ’n uitspraak presiese riglyne neergelê oor hoe die proses hanteer en afgehandel moet word.

– Veldslagters is die afgelope twee weke in die Omitara-omgewing bedrywig en het al sowat 17 beeste geslag.   


WOENSDAG 15 FEBRUARIE 2006

– Verkeer in die middestad van Windhoek, waarin gewone motoriste en taxi’s met mekaar kan saamleef, was gister die stadsraad se belofte aan inwoners.         

– Plaasonmin gaan vir die tweede keer binne een week in die Namibiese howe weerklank vind.    

– Oewerbewoners van die Oranjerivier kan hulle gereed maak vir ’n golf water wat die Benede-Oranjerivier aanstaande week kan bereik.                     


DONDERDAG 16 FEBRUARIE 2006

– Die Minister van Onderwys, mnr. Nangolo Mbumba, het gister in die Nasionale Vergadering (NV) erken dat te veel klem op primêre opvoeding sedert onafhanklikwording geplaas is en sekondêre onderwys in dié proses afgeskeep is.                                             

– Persverklarings van die Nasionale Vereniging vir Menseregte (NVM) oor kriminele sake wat aan die gang is, oorskry straks die norme van vryheid van die pers, spraak en uitdrukking.   

– Die krisis in die onderwysstelsel is gister op die hoogste wetgewende vlak in oënskou geneem. 


VRYDAG 17 FEBRUARIE 2006

– Namibië moes as ’n jong land reeds méér porsies korporatiewe skandale en verhale oor korrupte amptenare afsluk as wat hy kon verteer.            

– ’n Tweede dreigement binne enkele dae oor giftige gasse en chemiese stowwe wat onder hoogs verdagte omstandighede “vermis” geraak het, het inwoners van Uis opnuut in die greep van vrees laat beland.

Kommentaar

Republikein 2026-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer