1ste September 2025
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Soos die warm straal vroeg groet
Dankbaar getuig ek Heer
U naam oor die vlaktes aanroep
Dankie vir nog ’n verjaarsdag O Heer. . .
Oor Godsvlaktes wyd verspreid
Oë na Bo reik my arms uit
Dank Vader Dank
Amen ja Amen
Oor die vlaktes wyd staar my oë
Asem fluister my God luister
Hartstog polsend klop
Inni woestyn stof opskop
1ste September 2025
Lentekoningin
By God begin
Arms wyd verspreid
’n Traan terwyl ek jubel
Stilte terwyl ek juig
Amen September Amen
Van my God sal die vlakte getuig.
(’n Gedig vir my sister Maafia)
Soos die warm straal vroeg groet
Dankbaar getuig ek Heer
U naam oor die vlaktes aanroep
Dankie vir nog ’n verjaarsdag O Heer. . .
Oor Godsvlaktes wyd verspreid
Oë na Bo reik my arms uit
Dank Vader Dank
Amen ja Amen
Oor die vlaktes wyd staar my oë
Asem fluister my God luister
Hartstog polsend klop
Inni woestyn stof opskop
1ste September 2025
Lentekoningin
By God begin
Arms wyd verspreid
’n Traan terwyl ek jubel
Stilte terwyl ek juig
Amen September Amen
Van my God sal die vlakte getuig.
(’n Gedig vir my sister Maafia)


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie