FOTO UN
FOTO UN

Weinig wette wat mans beskerm

Bybel sê vroue moet onderdanig wees aan hul mans
Mans wat die meeste van hul tyd by kroeë uithang, is ontnugter en roep om hulp.
Henriette Lamprecht
Namibië moet terugkeer na die Bybelse definisie van wat ’n familie is.

“Ons het ons vroue toegelaat om te begin dink hulle is in alle opsigte gelyk aan ’n man, terwyl dit glad nie die geval is nie.”

Nudo se mnr. Josef Kauandenge het in die Nasionale Vergadering (NV) in reaksie op wysigings aan die wet vir die bekamping van huishoudelike geweld gesê meer as 90% van inwoners is Christene.

Hy het verwys na die Bybel wat sê “vroue, wees onderdanig aan jou man, want hy is die hoof van die familie”.

Kauandenge het veral die staatshoof, president Hage Geingob, bygekom wat “ons mans gekasty het” en gesê het hulle is altyd by ’n kroeg, terwyl vroue by die werk of besig is om te studeer. Geingob het volgens hom ook die stelling gemaak dat baie vroue nou hoër posisies beklee en dit grootliks bydra tot ’n minderwaardigheidskompleks wat soms tot huishoudelike geweld lei.

“Het hy ooit gevra waarom talle mans alewig by ’n kroeg sit en drink en die onderliggende redes hiervoor probeer verstaan?” vra Kauandenge.

Volgens hom is die land se wette daarop gerig om vroue te dien, maar is daar weinig wette wat mans, “wat op hul eie is”, beskerm.

Hy sê vroue mishandel mans op ’n daaglikse basis in huishoudings, maar die mans is te skaam om dit aan te meld. Mans is volgens hom meestal aan die ontvangkant van emosionele mishandeling deur hul lewensmaats of vroue.

“Enige man met selfrespek sal dit vir ’n baie lang tyd verduur, maar een dag gaan hy ontplof. Wanneer dít gebeur, kyk ons wette en hofstelsels net na die fisieke optrede van die man, maar weinig na die omstandighede wat gemaak het dat hy so optree.”

Met verwysing na mans en vroue wat gelyk voor die wet is, sê Kauandenge deur dit aan jong meisies te leer, “het ons dit met ons wette moeilik gemaak vir wedersydse respek in ons huishoudings, want niemand luister na die ander een nie, want ons is mos nou almal gelyk!”

Mans wat die meeste van hul tyd by kroeë uithang, is volgens hom “mans wat so ontnugter is, dat hulle die samelewing om hulp roep”.

Mans is ook so besig om vir die studies van hul vroue en meisies te betaal (wat hulle in elk geval daarna soos ’n warm patat los), dat hulle nie geld het om self te studeer nie.

Kauandenge sê baie van die sogenaamde dronkaards ondersteun jare lank kinders finansieel, net om te hoor dit is nie hul eie kind nie.

“Hul selfbeeld en selfwaarde word nul en hulle is vir altyd emosioneel geskaad.”

Hy verwys ook na mans wat vir hul meisie se woonstel betaal, terwyl hulle self nie ’n plek het om te slaap nie en afgesê word as ’n ryker kêrel sy opwagting maak.

Van die getroude sogenaamde dronkaards word ook tot breekpunt deur hul vroue emosioneel mishandel en verkies om “saam met vriende tot laat in die aand te bly, uit vrees vir daardie nimmereindigende geteem van hul vroue en om konfrontasie te vermy.”

Kauandenge verwys na mans wat ook hul skoonfamilies moet onderhou in ’n oorvol huis en wat net sou kom kuier en dan besluit om te bly. Dit terwyl sy familie en vriende nooit welkom is nie.

Volgens hom leef baie van die sogenaamde dronkaards “in ’n nagmerrie”.

“Kinders kom deesdae met ’n pakkie wat se naam ‘ma’ is. Hare is altyd perfek en moet met sorg en liefde versorg word, maar die man se kinders is altyd die moeilikheidmakers.”

Hy maan al die bogenoemde voorbeelde is op ’n daaglikse basis die werklikheid in talle huishoudings.

“Enige wet wat dit nie in ag neem nie en nie oplossings hiervoor soek nie, is nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie. Maak nie saak hoeveel keer ons ons wette wysig nie, as ons nie tot die redding van ons mans kom nie, gaan huishoudelike geweld voortduur.”

Hy het beklemtoon nie net een geslag moet beskerm word en die ander een aan haar genade oorgelaat word nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.36/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.90/BBP UP +0.01% | Platinum US$ 910.45/OZ DOWN -0.0059 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.36/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.90/BBP UP +0.01% | Platinum US$ 910.45/OZ DOWN -0.0059