Tuindorp bereik ‘breekpunt’

Vullis verswelg glo dorp, infrastruktuur onvoldoende
Munisipale beamptes het Dinsdag onderneem om die rommelkwessie teen vandag op te los, maar inwoners meen hierdie is slegs een van vele kwessies wat die dorp kniehalter.
Iréne-Mari van der Walt
Inwoners van Okahandja se huishoudelike vullis word na bewering reeds vir ’n maand lank nie verwyder nie.

Die rede hiervoor is glo omdat die munisipaliteit se vier vullislorries onpadwaardig verklaar is.

“Ons lorries is tot stilstand gebring en dus kon ons nie hierdie dienste lewer nie, maar ons is besig om dienste te verkry,” het die dorp se uitvoerende hoof, Alfons Tjitombo, Dinsdag gesê.

Die aanhoudende onderbrekings in dié dorp se dienste om vullis te verwyder, word toegeskryf aan die lorries – twee wipbakvragmotors en twee vullislorries wat die afval kan kompakteer – wat oud is.

“Dit is ’n duur proses om die nodige onderhoud aan die lorries te laat doen en hulle word eers padwaardig verklaar wanneer die herstelwerk voltooi is. Ons is ook tans besig om nuwe kompakteerders aan te koop,” het hy gesê.

Tjitombo het gesê hy glo dat ’n oplossing vir die vulliskwessie gister of moontlik vandag geïmplementeer kan word.

’n Inwoner van Uitbreiding 6 wat anoniem wou bly, het ook beswaar gemaak teen die rioolinfrastruktuur wat glo nie onderhou word nie.

Volgens die inwoner het ’n rioolpyp naby hul huis gebars en is weke later nog nie herstel nie.

Tjitombo het gesê dat munisipale werkers Dinsdag begin het met herstelwerk en dat die fabrieke in die omgewing hewige druk op die rioolinfrastruktuur geplaas het.

“Ons sal nou moet vasstel watter fabrieke tot die probleem bygedra het en dit van daar af vat,” het hy gesê.

Volgens Charl Coetzee, ’n dorpsraadslid, laat dié probleme Okahandja se inwoners al ’n geruime tyd met hul hande in hul hare.

“Die dorpsraad het twee jaar gelede al ’n mosie ingedien vir ons om vullisverwydering uit te kontrakteer, want dit word so op Osona gedoen; wat ook onder ons munisipaliteit val. Osona het geen probleme nie, maar daar word steeds gesloer,” het hy gesê.

“Okahandja se probleme is ’n kombinasie van faktore. Okahandja het die afgelope jare uit sy nate gebars en in terme van infrastruktuur is daar niks sedert onafhanklikwording gedoen nie. Dit het ’n impak op krag, water, riooldienste, skole en mediese dienste. Ons stelsels kan dit nie meer hanteer nie,” het hy gesê.

“Omtrent elke dag is seker dele van die dorp sonder water weens pype wat gebars het. Dit is as gevolg van water wat teen 10 bar deur die pype vloei wat net 6 bar se druk kan hanteer, maar dan word daar gekla dat die pype oud is. Kyk na Jerusalem, Londen en Parys – daardie pype is oud en dit werk nog.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.33/OZ DOWN -0.004 | Copper US$ 4.83/lb DOWN -0.0129 | Zinc US$ 2 972.60/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.50/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 1 053.70/OZ DOWN -0.0151 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.33/OZ DOWN -0.004 | Copper US$ 4.83/lb DOWN -0.0129 | Zinc US$ 2 972.60/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.50/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 1 053.70/OZ DOWN -0.0151