‘Social babies’ uitgeplaas by veilige tuistes

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die agt babas vir wie ’n staal bedjie met tralies en ’n hospitaalkamer in die Katutura-staatshospitaal vir maande hul tuiste en enigste verwysingsraamwerk was, is gister “huis toe”.

Vir dié babas was dit die eerste keer wat hulle buite die mure van die hospitaal was en die son gesien en op hul gesiggies gevoel het.

Ses van die babas waarvan die jongste ’n maand oud is en ook ’n tweeling van nege maande insluit, is saam met Ronel Peters van die Ruach Elohim-stigting in Swakopmund en Catrien du Toit, ’n private maatskaplike werker, uit Swakopmund kom haal om by dié veilige tuiste met liefde en aandag oorlaai te word.

Rosalind Schlabitz van Hope for Life in Windhoek en die organisasie se maatskaplike werker Anel Putenson, se arms was oop vir nog een van die babas wat nou hier die versorging en koestering sal ontvang wat vir maande van hulle weerhou is.

Du Toit het dadelik op Republikein se berig gereageer oor die sogenaamde “social babies” wat vir maande in die hospitaal lê sonder dat hulle na veilige tuistes of vir pleegsorg of aanneming uitgeplaas is. ’n Staatshospitaal word volgens die wet op kinderbeskerming as ’n veilige tuiste beskou vir verwaarloosde en mishandelde kinders wat deur die polisie daar geplaas is. Die babas moet egter net op die langste 48 uur in die hospitaal deurbring voordat hulle uitgeplaas moet word. Laasgenoemde is die plig van die maatskaplike werkers van die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn wat in die geval van die bogenoemde babas na bewering nooit gereageer het op die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se pleidooie dat hulle uit die hospitaal verwyder moet word nie.

Lede van die publiek wat op welke manier ook al by Hope for Life of Ruach Elohim wil betrokke raak of ’n veilige tuiste of pleegsorg vir kwesbare kinders oorweeg, kan vir Catrien by 081 449 4227 whatsapp en ’n boodskap los.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A