Slagoggers vrees vergelding
Onderdrukte trauma, isolasie
Sommige slagoffers van geslagsgeweld kies om eerder klagtes teen hul geweldenaars te laat vaar, wat die risiko vir herhaalde en dikwels meer ernstige geweld verhoog.
Vrees vir vergelding, ekonomiese afhanklikheid, stigma, gesinsdruk, gebrek aan vertroue in die regstelsel en vrees om huishoudings met kinders te ontwrig. Dit is van die redes waarom slagoffers van geslagsgeweld (GBV) dikwels besluit om klagtes teen hul geweldenaars te onttrek, sê die sielkundige Hazel de Klerk van Let’s Talk.
“Hierdie faktore lei dikwels tot sielkundige spanning, onderdrukte trauma, herhaalde geweld en isolasie,” sê De Klerk.
Sy het die behoefte aan skuilings, toegeruste vroue- en kinderbeskermingseenhede, toeganklike berading, regshulp vir gemeenskappe en ekonomiese bemagtiging beklemtoon. Volgens De Klerk is organisasies soos Sister Namibia, Women’s Solidarity en Lifeline/Childline noodsaaklik om slagoffers te help om hul pad deur die regstelsel te vind.
Ten spyte van hierdie ondersteuning is daar steeds slagoffers wat eerder kies om klagtes teen hul geweldenaars te laat vaar, met elke saak wat laat vaar word, ‘n verhoogde risiko vir herhaalde en dikwels stygende geweld.
Oorlewendes, regslui en die polisie is dit eens dat die beskerming van slagoffers sterker gemeenskapsvertroue, veiliger alternatiewe vir klaers en konsekwente ondersteuning dwarsdeur die regsproses vereis.
Patricia Sola, Hope Initiatives Southern Africa (HISA) se hoof van die Namibiese tak, het die kollektiewe verantwoordelikheid van die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld beklemtoon.
"Ons herinner mekaar en versterk mekaar om GBV te beveg. Totdat slagoffers daardie sekuriteit het, sal die siklus van geweld voortduur, en beamptes sal 'n opdraande stryd in die gesig staar om diegene te beskerm wat dit die nodigste het," het sy gemaan.
Sola was aan die woord tydens ‘n geleentheid by die HISA-sentrum in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling in Windhoek wat deur verskeie rolspelers soos die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn in samewerking, die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNFPA) en die Europese Unie (EU) bygewoon en op GBV gefokus het. Besprekings het veral gefokus op die stygende probleem van tegnologieverwante GBV en wat insluit kuber- en aanlyn teistering, haatspraak en die onregmatige deel van intieme foto’s. Sola het verwys na kreatiewe platforms wat gebruik word om kwessies te ontbloot wat dikwels verborge bly. Sy het verwys na die dansgroep OYO wie volgens haar moeilike kwessies op “aangrypende wyse” uitbeeld. Sola sê die 16 dae van aktivisme is ‘n herinnering om pogings tot geslagsgelykheid te versterk en veral omdat digitale risiko’s in gemeenskappe besig is om toe te neem weens lae digitale geletterdheid.
Die EU se ambassadeur Ana Beatriz Martins het op haar beurt die inisiatief geprys vir die feit dat dit gemeenskappe saam bring en “troos en motivering” bied vir die daaglikse stryd teen GBV. Adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het op haar beurt beklemtoon dat beweringe dat polisiebeamptes slagoffers aanraai om “kwessies privaat te hanteer” steeds iets is wat geverifieer kan word nie. Sy het beklemtoon Nampol is ‘n professionele instelling wat opgelei is om gevalle van GBV te hanteer. Shikwambi het ‘n beroep op die publiek gedoen om gevalle van onvanpaste gedrag dadelik aan te meld. Met verwysing na die onttrekking van sake het sy gesê elkeen word gerig deur die erns van die saak en finale besluite berus by die howe. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie