NamPost se hoofkantoor in Windhoek. u2022 Foto: ARGIEF
NamPost se hoofkantoor in Windhoek. u2022 Foto: ARGIEF

Shafudah verdedig NamPost

N$65 miljoen glo gesoek
Rekenskap kan gegee word van miljoene in 'vermiste' toelaebetalings.
Nikanor Nangolo

Die minister van finansies, Ericah Shafudah, het bewerings verwerp dat N$65 miljoen gekoppel aan betalings van maatskaplike toelaes wat deur NamPost bestuur is, gesoek word. Shafudah het verlede week in die parlement gesê verantwoording is vir die geld gedoen wat uiteindelik aan die staat terugbesorg is. .

Sy het in die Nasionale Vergadering reageer op berigte dat  NamPost ongeveer N$65 miljoen in maatskaplike toelaefondse bestee of misbruik het. Shafudah het die berigte as misleidend beskryf en gesê dit skep 'nvals indruk dat openbare geld verdwyn het.

"Eerstens wil ek hierdie huis inlig dat die berig in die koerant misleidend was. Dit het die land en die publiek mislei omdat NamPost baie duidelik is oor hoe dit verantwoording doen van die geld wat dit bestuur," het sy gesê.

Die bewerings van vermiste fondse vir toelaes het verlede jaar kop uitgesteek nadat dokumente gewys het verantwoording kan nie gegee word vir sowat N$65 miljoen in kontantbetalings van toelaes wat tussen 2009 en 2019 deur NamPost hanteer is nie. 

Volgens die dokumente was sommige data van die betaling van toelaes vir 2013 en 2019 nie op 'nhardeskyf wat aan die regering verskaf is nie. Dit het tot oproepe gelei vir rekonsiliasie om te bepaal of die fondse begunstigdes wel bereik het.

Die regering het egter volgehou dat die saak deur die rekonsiliasieproses opgelos is en dat die uitstaande fondse uiteindelik na die staat oorgeplaas is.

Die minister het verduidelik dat onopgeëiste betalings van  maatskaplike toelaes volgens gebruik in 'nrekening gehou word wanneer begunstigdes versuim om hul geld vir 'nspesifieke maand in te vorder.

“Wanneer begunstigdes nie hul voordele vir 'nspesifieke maand invorder nie, word die geld in 'nrekening geplaas terwyl daar gewag word dat die begunstigde dit op 'nander dag eis, mits die begunstigde nie 'nspookbegunstigde is nie,” het Shafudah gesê.

Volgens haar is die betrokke fondse later tussen NamPost en die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn na die einde van hul kontrakperiode versoen. 

Volgens Shafudah het die rekonsiliasie bevestig dat N$93 miljoen in onopgeëiste toelaebetalings oor tyd opgehoop het.

“Die ministerie van geslagsgelykheid en NamPost het toe 'nrekonsiliasie gedoen, en daardie bedrag is bepaal op N$93 miljoen. Dit is daarna in die staatsinkomstefonds betaal,” het sy gesê.

Shafudah het beklemtoon die geld was nooit weg nie. 

“Dit was bloot 'nkwessie van wag vir die rekonsiliasie tussen NamPost en die ministerie,” het sy gesê.

Die minister het ook die regering se besluit verdedig om NamPost aan te stel om uitbetalings van maatskaplike toelaes vanaf Oktober 2025 te bestuur.

Volgens haar het die aanstelling 'nverkrygingstrategie van van 'nopenbare entiteit-tot-entiteit gevolg, wat staatsinstellings toelaat om ander openbare entiteite met die nodige kapasiteit te kontrakteer.

“Die ministerie het die verkrygingstrategie gekies vir die aanstelling van NamPost as 'nstaatsbeheerde onderneming met die kapasiteit en vermoë om hierdie toelaes te bestuur,” het Shafudah gesê en het beklemtoon   die proses voldoen aan Artikel 32 van die wet op openbare verkryging.

Sy het egter kommer uitgespreek oor toegang tot toelaes in afgeleë gebiede sê NamPost het reeds maatreëls geïmplementeer om dienslewering te verbeter.

NamPost benut volgens Shafudah sy landwye netwerk van 186 takke om begunstigdes met inskrywings- en diensnavrae te help, terwyl dit ook uitreik na landelike gemeenskappe uitbrei.

Sy het frustrasies oor lang toue en opeenhoping erken wat in Januarie ervaar is, toe groot getalle begunstigdes na stedelike sentrums gereis het om betalings te ontvang.

“In Januarie het byna almal na die stedelike sentrums gestroom om toegang tot hul betalings te kry, en dit is wat die situasie veroorsaak het,” het sy gesê.

Dit het egter intussen gestabiliseer. 

“Julle kan almal sien dat Februarie stil was en die proses glad verloop het.” 

Verbeterings deur NamPost het volgens Shafudah egter nie dieselfde vlak van aandag as vroeëre kritiek gekry nie. “Omdat ons as Namibiërs nie daarvan hou om oor sukses te rapporteer nie, het niemand in Februarie iets gesê om die goeie werk wat deur NamPost gedoen is, te erken nie,” het sy gesê. - [email protected]


Kommentaar

Republikein 2026-04-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer