Rantsoene vir droogtehulpprogram verhoog
Duur tot Junie 2024
Die program sal bestaan uit voedselbystand, watervoorsiening en vee-ondersteuning.
Elizabeth //Kheibes - Ná die aankondiging van ’n kwesbaarheidsbeoordeling en die regering se besluit om N$892,4 miljoen aan sy droogtehulpprogram beskikbaar te stel, is dit onlangs onthul dat voedselhulprantsoene verhoog sal word.
Die program het op 1 Oktober begin en duur tot Junie volgende jaar.
Verlede week het Peya Mushelenga, die minister van inligting en kommunikasietegnologie, gesê die kabinet het die groen lig gegee dat die program uitgebrei word na gesinne en individue wat onder die program vir gemarginaliseerde gemeenskappe geregistreer is en voedselbankbegunstigdes wat nie gedek word nie.
“In die tussentyd het die kabinet die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn opdrag gegee om data oor die gemarginaliseerde gemeenskappe en ongeregistreerde voedselbankbegunstigdes aan die kantoor van die eerste minister te verskaf, [sodat hierdie groepe] voordeel kan trek uit die droogtehulpprogram.
“Verder is [die ministerie opdrag gegee] om elke maand die verspreiding van voedsel vir die gemarginaliseerde gemeenskappe te oorweeg en om die voedselrantsoene te verhoog,” het hy gesê.
KOS, WATER, VEE
In Augustus het I-Ben Nashandi, die uitvoerende direkteur van die kantoor van die eerste minister, onthul dat die kospakkies wat gegee word, sal verskil na gelang van die grootte van die gesin.
Volgens hom sal die pakkies 12,5 kg mieliemeel, kookolie en/of beskikbare proteïen insluit.
Verder het hy gesê die program sal bestaan uit voedselverligting, watervoorsiening en vee-ondersteuning soos “bemarkingsaansporings, subsidies op die huur van weiding, subsidies op vervoer na weidingsgebiede en subsidies op voer wat aangekoop is”.
Mushelenga het bygevoeg die kabinet het die voorsiening van 20 kg mieliemeel per huishouding maandeliks goedgekeur.
“Streekrade moet verseker dat slegs huishoudings wat aan die vasgestelde kriteria voldoen van begunstigdes wat vir droogtehulp-voedselbystand geregistreer is, vir die program oorweeg moet word,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie