Meisie skenk geboorte op 13

Laerskool-leerling tans op kraamverlof
'n Jong tiener vertel hoe 'n veewagter, wat ses jaar ouer as sy is, haar swanger gemaak het – wat neerkom op statutêre verkragting ingevolge Namibiese wetgewing.
Tuyeimo Haidula,Enzo Amuele
Die 13-jarige *Ndamona (skuilnaam) het nog nie ten volle herstel nadat sy geboorte geskenk het aan ’n vroeggebore babaseuntjie in November verlede jaar by die Oshikuku-hospitaal in die Omusatistreek nie.

Die pa is na bewering Steven Nghishidimbwa Barnabas (18), wat ná die geboorte van die kind verlede jaar in hegtenis geneem is. Hy het egter ontken dat hy die pa is, en die polisie sal 'n DNS-toets uitvoer om sy moontlike verwantskap met die kind te bepaal.

Nietemin hou Ndamona vol dat hulle in ’n verhouding was, en beskryf Barnabas, ’n veewagter, as haar kêrel.

BORGTOG GEWEIER

Sy het maatskaplike werkers intussen gevra om hom uit aanhouding te laat vrylaat.

Namibië se statutêre verkragtingswet word oortree wanneer ’n individu seksuele omgang met ’n kind onder die ouderdom van 16 het.

Indien skuldig bevind, kan ’n persoon met tot N$40 000 beboet word, of tot tien jaar tronkstraf – of albei strawwe – opgelê word.

’n Maatskaplike werker van die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn het die beweerde verkragting by die polisie aangemeld nadat Ndamona geboorte geskenk en die verpleegsters besef het hoe jonk sy is.

Barnabas is sedert sy inhegtenisneming in aanhouding. Hy is borgtog geweier, en sy volgende verskyning is vir 24 April geskeduleer.

Die polisiebevelvoerder in die Omusatistreek, komm. Ismael Basson, het gesê Barnabas het Ndamona herhaaldelik verkrag nadat hy haar na sy huis toe genooi het.

Sy het swanger geraak en op 27 November verlede jaar geboorte gegee aan ’n seun, wat sy Joseph genoem het.

HAAR STORIE

Ndamona het eksamen geskryf terwyl sy hoogswanger was.

Sy het met vlieënde vaandels geslaag. Tans doen sy haar graad 7-werk van die huis af, terwyl sy tot April met kraamverlof is. Sy sal dan terugkeer skool toe.

Ndamona se ma is dood voor sy twee jaar oud geword het en sy en haar broer is in die sorg van haar grootouers gelaat. Haar pa is werkloos en doen los werkies om die pot aan die kook te hou.

Ndamona het gesê sy het Barnabas by hul huis ontmoet toe hy by haar broer (14) gekuier het.

Sy het gesê hul verhouding het vinnig beweeg, en hy het haar begin nooi om by hom oor te slaap. Sy was destyds 11 en hy 17.

“Hy het my na sy huis toe genooi. Toe het hy my gereeld gevra om my klere uit te trek,” het sy vertel.

Ndamona het gesê ná die eerste seksuele ontmoeting het Barnabas nooit vir haar gesê om niemand daarvan in te lig nie, en hul verhouding het voortgeduur.

DIE SKOK-ONTDEKKING

Ndamona het gesê sy het besef sy is swanger toe sy haar menstruele siklus vir April oorgeslaan het.

“Ek het vir niemand gesê nie. Ek het dit vir myself gehou. Om eerlik te wees, het niks veel deur my kop gegaan nie, want, hoewel ek ’n idee gehad het dat ek dalk swanger kan wees, was ek nie seker nie, en ek het niks gevoel nie. Ek het seker gedink my grootouers sal uiteindelik uitvind wanneer dit begin wys,” het sy gesê.

Haar ouma het eers uitgevind toe sy reeds ses maande swanger was.

“Dit was een oggend toe sy gereed gemaak het vir skool. Ek was so geskok ... ek het vir haar gesê: ‘Ndamona, my kind, jy is swanger’. Sy het instemmend geknik.

“Haar swangerskap was ’n skok. Dat sy ’n kêrel het, was die laaste ding in ons gedagtes. Ons het haar hospitaal toe geneem vir voorgeboortesorg, en ek het vir haar begin berading gee om op die toekoms te fokus. Dit is gedane sake,” het die ouma gesê.

Sy het gesê toe hulle van Ndamona se swangerskap uitgevind het, het hulle nie daaraan gedink om ’n voorval van verkragting aan te meld nie. In plaas daarvan het hulle, soos gebruiklik, ’n bejaarde gestuur om die man se familie oor die swangerskap in te lig.

“Hy het die swangerskap ontken, en sy ma het vir die persoon wat ons gestuur het gesê my kleindogter moet die pa van haar kind gaan soek. Dit het selfs meer seergemaak. Maar ons glo God sal voorsien,” het Ndamona se ouma gesê.

NUWE GESIN EN DROME

“Ons is dankbaar vir my kleinkind. Ek sal na die baba kyk wanneer sy skool toe gaan. Nou is sy met kraamverlof,” het haar ouma gesê.

“Ek wil ’n natuurwetenskappe-onderwyser word wanneer ek groot is. Ek is net mal oor die natuur, en plante is my beste vriende,” het Ndamona gesê.

Sy hou nog vas aan haar drome.

“Ek is dankbaar vir my ouma dat sy nie moed verloor het met my nie. Ek wens ek het na haar raad geluister; niks hiervan sou dan gebeur het nie.”

Sy kon nie melk produseer nie. Sedert sy geboorte kry Joseph dus formulemelk.

Dit het ook ’n finansiële tol geëis op haar grootouers, wat albei pensioenarisse is.

Nog een van die uitdagings wat haar in die gesig staar, is ’n gebrek aan warm klere en skoene.

Haar baba het ook doeke, babapoeier en lyfroom nodig.

*Skuilnaam

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47%