Is jou kind veilig aanlyn?
Videospeletjies teelaarde vir misdadigers
Gevalle van kubermisdade teen kinders neem al jare lank toe namate meer en meer kinders toegang tot die internet geniet.
In vandag se tegnologiese wêreld bied die internet ongelooflike geleenthede vir onderrig en vermaak, maar dit stel kinders ook aan beduidende gevare bloot.
Sommige mense dink Namibië is nog ver agter in terme van tegnologie en die bedreigings van die aanlyn wêreld is nie hier van toepassing nie.
Die werklikheid is egter dat geen kind met toegang tot die internet immuun daarteen is nie. Selfs oënskynlik onskuldige ruimtes, soos videospeletjies, kan ’n teelaarde word vir seksuele jagters, insluitend diegene wat kinders seksueel wil uitbuit.
Soos die digitale landskap wêreldwyd uitbrei, groei die risiko’s ook, en Namibiese ouers moet besef ??dat hul kinders net so kwesbaar is soos enigiemand anders in die wêreld.
Volgens ’n verslag deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wat reeds in Desember 2022 uitgereik is, het die polisie, opvoeders, dokters en geestesgesondheidswerkers wêreldwyd besef dit is noodsaaklik dat kinders in hierdie ontwikkelende tegnologieryke samelewing beskerm moet word.
“Al hoe meer kinders en al hoe jonger kinders is nou aan die internet gekoppel. Al hoe meer oortreders is ook verbind. Gevalle het toegeneem en aanlyn kinderveiligheid het ’n reuseprobleem geword,” het ’n pediater van Marokko, Najat Maalla M'jid, onlangs in ’n onderhoud met UN News gesê.
Talle professionele persone het hul ervarings gebruik om nuwe strategieë te ontwerp om kinders te beveilig en dit het gelei tot ’n reusegroei in die navorsingsliteratuur oor die digitale gevare en hul dinamika die afgelope paar jaar.
Een maatskappy wat onlangs maatreëls ingestel het om die gevare vir kinders te probeer hokslaan, is Meta – die moedermaatskappy van Facebook, WhatsApp en Instagram.
Hoewel Meta onlangs bekend gemaak het dat dit veiliger Instagram-rekeninge vir tieners gaan skep, sal hierdie kenmerk eers vanaf Januarie op Namibiese gebruikers van toepassing wees, het Meta se direkteur vir kommunikasie in Afrika, die Midde-Ooste en Turkye, Kezia Anim-Addo, verlede maand bevestig.
Verder het Namibië se ministerie van inligting en kommunikasietegnologie (MICT) onlangs ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) met Lifeline/Childline Namibia onderteken ter ondersteuning van ’n aanlyn platform waar kinderpornografie en sensitiewe beeldmateriaal waarin kinders verskyn, aangemeld kan word.
Ten spyte van talle pogings, elders en plaaslik, is die gevare steeds ’n werklikheid en kom dit voor op platforms waar ’n mens dit nie noodwendig sal verwag nie.
ROBLOX
Videospeletjies is ’n wonderlike manier vir kinders om op ’n afstand met vriende te speel, kreatief en verbeeldingryk te wees en vaardighede soos hand-oog-koördinasie aan te leer.
Maar volgens Morgan Dye van Gabb Now – die voorste verskaffer van veilige tegnologie vir kinders en tieners, Gabb, se aanlyn platform wat gratis onderrig verskaf om ouers en kinders te bemagtig – is dit is nie altyd pret nie.
“Volgens die FBI is soveel as 500 000 seksuele jagters elke dag aanlyn aktief wat kinders tussen die ouderdomme van 12 tot 15 teiken.
“Videospeletjieplatforms bied seksuele jagters ’n gerieflike plek om kinders te lok. Kinders moet op hul hoede wees wanneer hulle speletjies speel, aangesien die jagter soms voorgee dat hulle iemand is wat hulle nie is nie,” lui Gabb Now se artikel.
Volgens ’n onlangse artikel deur Hindenburg Research, wat op 8 Oktober gepubliseer is, is daar veral een videospeletjie wat gebruik word om kinders te teiken. Dié gewilde speletjie is Roblox en dit is ook in Namibië beskikbaar.
In Augustus 2020 het die Amerikaanse saketydskrif Fast Company digitale speletjies met seks as tema gedokumenteer wat deur speler-ontwikkelaars op die Roblox-platform gepubliseer is.
Die artikel het ondersoek ingestel na ’n reeks sogenaamde “condo”-speletjies waarvoor daar min of geen ouderdomsbeperkings was nie en waar kinders aan gesimuleerde seksdade kon deelneem en glo met digitale seksspeelgoed kon speel.
In dieselfde jaar het The Daily Mail berig dat Roblox kinders aan die risiko van seksuele jagters blootstel en kan ook onveilig wees as gevolg van hoë vlakke van seksuele en rassistiese inhoud.
So onlangs as April vanjaar het die Nasionale Sentrum vir Seksuele Uitbuiting (NCOSE) Roblox ingesluit op sy lys van entiteite wat seksuele misbruik en uitbuiting fasiliteer, bemagtig en selfs voordeel daaruit trek.
In Julie vanjaar het Bloomberg Businessweek ook ’n verslag gepubliseer wat beklemtoon dat kinders die risiko loop om aan pedofiele op die Roblox-platform blootgestel te word.
“Om Roblox se inhoudmoderering te toets, het ons ’n nuwe gebruiker geskep en ons ouderdom as jonger as 13 jaar gelys om te sien of jonger gebruikers teen onwettige inhoud op die platform beskerm word.
“Let daarop dat die proses slegs sekondes geduur het, aangesien Roblox geen oënskynlike benadering tot ouderdomsverifikasie het vir gebruikers wat beweer dat hulle jonger as 17 is nie.
“Deur die Roblox-soekfunksie te gebruik, het ons “Adult” ingetik om te sien wat Roblox uit ’n potensieel skadelike soektog sou filtreer. Ons het ’n groep met die titel “Adult Studios” gevind met 3 334 lede vanaf Mei 2024,” lui ’n onlangse artikel deur Hindenburg Research.
Dit verduidelik verder dat dié groep na bewering gebruik is om openlik seksuele gunste en naakfoto’s van ander aan te vra.
“In hierdie Roblox-kletsgroepe het ons aktiewe kinderuitbuitingsmarkplekke gevind waar gebruikers kinders sou lok deur Robux, die platform se inspeletjie-geldeenheid, aan te bied.
“Sedert Mei 2024 het ons ten minste 38 Roblox-groepe gevind waar gebruikers openlik seksuele gunste aangevra het en/of naakfoto’s onder mekaar uitgeruil het.
“Let daarop dat ons na 38 opgehou soek het. Daar is nog baie meer,” lui die artikel, en voeg by dat meeste van hierdie groepe sedertdien gesluit en onaktief gemaak is, maar dit het blykbaar nie die skepping van nuwe groepe gekeer nie.”
Volgens hulle is daar geen beperking op wie by dié groepe kan aansluit nie, aangesien hulle met ’n agtjarige se rekening toegang daartoe kon verkry.
“Benewens die feit dat Roblox as ’n markplek vir kinderuitbuiting dien, het Roblox ook ’n groot gemeenskap wat die platform vir erotiese rolspel gebruik,” beweer Hindenburg Research.
AANLYN GEWELD TEEN KINDERS
In ’n breedvoerige verslag deur die WHO verwys hulle na die term “aanlyn geweld teen kinders”. Dit sluit kuber- en seksuele teistering, kuberafknouery, pornografiese beeldmateriaal en seksuele uitbuiting in.
In dié verslag wys hulle op die feit dat kennisse en vriende die mees algemene oortreders is.
“Aanvanklike voorkomingspogings het dikwels vreemdeling gevaar (stranger danger) beklemtoon. Talle studies en polisierekords toon egter dat kennisse meer dikwels oortreders is in gevalle van aanlyn geweld teen kinders, meer as vreemdelinge.”
Die WHO het in dié verslag strategieë uiteengesit om aanlyn geweld teen kinders te voorkom.
– [email protected]
GRYS BLOK
Voorkomingstrategieë:
Onderrig: Die verskaffing van inligting wat op kinders en hul ouers gerig is. Internetveiligheidsprogramme is oraloor die wêreld ontwikkel vir aanlyn toegang, tuisonderrig en gebruik deur skole.
Wetgewing: Nuwe wette is reeds ingestel om “grooming”-gedrag te kriminaliseer, misdade na die aanlyn domein uit te brei en wat tegnologiemaatskappye vereis om aanlyn oortredings aan te meld en onwettige inhoud te verwyder.
Wetstoepassing en regulering: Talle lande het die polisie opgelei oor hoe om aanlyn misdade teen kinders vinniger op te spoor en te ondersoek. Spesiale sentrums vir aanmelding kan ook opgerig word.
Bewusmaking: Direkte kommunikasie met die gemeenskap in die algemeen kan aangewend word om gevalle van aanlyn geweld teen kinders te verminder. Dit kan openbare bewusmakingsveldtogte oor kinders se aanlyn veiligheid insluit.
Hulplyne: Hulplyne wat per telefoon of aanlyn toeganklik is, bied hulp aan kinderslagoffers, bekommerde familielede en vriende.
Veiliger omgewings: ’n Groeiende konsep is om gebruikersplatforms en tegnologie-omgewings te skep en te ontwerp wat veiliger vir kinders is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie