Hupstoot vir 120 San-vakmanne

Omba Arts is 'n niewinsgewende organisasie wat meer as 450 kunstenaars en vakmanne in Namibië se plattelandse gebiede ondersteun.
Stigting skenk N$120 000
Die Capricorn Foundation het onlangs ’n skenking van N$120 000 aan die Omba Arts Trust in Windhoek aangekondig. Dié skenking sal die kunstetrust in staat stel om 120 ambagsmanne te ondersteun deur logistieke bystand in die vervaardiging en verkoop van kunsvlyt-items, asook om opleiding aan die individue te bied en voedselsekerheid vir die ambagsmanne en hul gesinne te verseker.

Omba Arts werk al vir meer as 30 jaar as ’n niewinsgewende organisasie wat meer as 450 kunstenaars en vakmanne in Namibië se plattelandse gebiede ondersteun deur hul unieke kunswerke en skeppings te bemark en verkoop.

“Met dié dat Namibië ‘n groot land met ‘n klein bevolking is, is daar altyd uitdagings om die nodige ondersteuning te bied aan ambagslui wat in afgeleë, landelike gebiede van die land woon, veral aan Ju/'hoansi, !Xung en Hai//om-San op hervestigingsplase in die Omaheke- en Ohangwenastreke. Die Omba Arts Trust poog om volhoubare lewensbestaan en veerkragtigheid van ekonomies benadeelde ambagslui te ondersteun deur van die land se mees ikoniese handwerk sowel as kontemporêre San-kuns te ontwikkel en te bemark,” sê die Capricorn Group in ’n mediaverklaring.

“Ons verhouding met die vakmanne is op vertroue gebou, en die ondersteuning van die Capricorn Foundation stel ons in staat om daardie vertroue te handhaaf en in ons doelwit om hulle te bemagtig,” het me. Karin le Roux, direkteur van Omba Arts, gesê.

Die Capricorn Foundation sê in die verklaring hulle erken die belangrikheid van kuns vir maatskaplike ontwikkeling, aangesien die hoofdoel daarvan is om die samelewing te verbeter en ander mense te help om hul eie maniere van kreatiewe uitdrukking te vind.

Die waarnemende hoof van die Capricorn-stigting, me. Marlize Horn, het gesê: “As katalisators van positiewe verandering glo ons dit is deurslaggewend om hande te vat met relevante organisasies soos Omba Arts, wat maatskaplike verandering te weeg bring en gemeenskappe bemagtig om selfonderhoudend te word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!