Die stille storm
Een salaris ondersteun ’n hele netwerk
Finansiële druk op mans wat steeds as die primêre broodwinners gesien word, is een van die grootste dryfvere van selfdood onder mans in Namibië.
Met ’n skuld-tot-inkomste-verhouding van ±78% (BoN 2022), gaan byna viervyfdes van die gemiddelde huishouding in Namibië se jaarlikse inkomste aan skuldterugbetalings.
Die finansiële druk op mans wat steeds as primêre broodwinners gesien word, is geweldig en is, saam met werkloosheid en oormatige skuld, een van die grootste dryfvere vir skokkende selfdoodstatistieke onder mans in die land. Tot 80% van selfdoodgevalle wat die afgelope jaar aangeteken is, was mans.
In Namibië ondersteun een salaris dikwels ’n hele netwerk van familielede, verduidelik Francois Brand, ’n ervare finansiële kenner en medestigter van Fin Fit Investments, ’n sosiale onderneming wat individue en gemeenskappe ondersteun om finansiële stabiliteit te bereik.
“Werkverlies veroorsaak dus ’n kettingreaksie wat veel wyer as net die oorspronklike werknemer strek.”
Brand maan Namibië staan tans voor een van sy grootste sosioëkonomiese uitdagings in
dekades, met ’n kombinasie van plaaslike en globale faktore soos droogte, resessie, die Covid-19-pandemie en internasionale prysstygings, wat die perfekte storm geskep het om vele huishoudings finansieel op hul knieë te bring.
Drie uit elke vier mense erken dat hulle gereeld voor die einde van ’n maand sonder geld sit, sê Brand, en verwys na die algemene werkloosheidsyfer van 36,9% en werkloosheid onder die jeug wat in 2023 op 44,4% gestaan het.
Die druk word volgens hom verder verhoog deur verskynsels soos “Keeping up with the Joneses” en die sogenaamde “black tax” waar ’n broodwinner ook vir die uitgebreide familie verantwoordelik is.
Brand maan die volle impak van ’n finansiële krisis tref dikwels eers jare later.
“Wanneer iemand nie meer ’n huis- of motorlening kan betaal nie, verloop maande van kennisgewings,
invorderingsprosesse en hofverrigtinge voordat daar beslag gelê word. Dit verklaar waarom die nasleep van Covid-19 eers nou by duisende mense voelbaar is,” het hy verduidelik.
Met plaaslike huishoudelike skuld wat volgens hom reeds meer as N$50 miljard beloop, is die behoefte aan skuldberading dus dringend nodig.
“In Suid-Afrika beskerm die nasionale kredietwet mense wat onder skuldberading is. Hulle kry ’n wettige terugbetalingsplan en word verbied om nuwe skuld aan te gaan totdat hulle herstel het. Namibië het geen soortgelyke stelsel nie. As jy oormatige skuld het, bly administrasie of sekwestrasie die enigste formele uitweg. Statistieke vertel nie die hele storie nie, maan Brand.
“Agter elke syfer is mense wat in stilte worstel. Die grootste fout is om te wag. Finansiële probleme los nie vanself op nie. Begin nou, al is dit klein. Hoe vroeër jy beheer neem, hoe groter is jou kans om jou situasie te stabiliseer.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie