Die stille kreet vir verandering
’Verklaar GBV as 'n ramp’
Namibië se vroue kom Vrydag tot stilstand in protesaksie.
Namibiese vroue en LGBTQI+-gemeenskappe sal Vrydag landswyd tot stilstand kom in ’n vreedsame protes teen die land se groeiende geslagsgebaseerde geweld (GBV).
Dit vind gelyktydig saam met Suid-Afrika se Women for Change-protes plaas, as teken van oorgrens solidariteit.
Namibië meld ongeveer 5 000 GBV-gevalle jaarliks – sowat 13 per dag – aan. Tussen April 2024 en Februarie 2025 is 4 405 gevalle aangemeld, waarvan 1 345 verkragtings was. Die meerderheid oortreders is bekend aan die slagoffers, insluitend familielede, lewensmaats en bekendes in die samelewing. Geweld teen kinders bly ook kommerwekkend hoog.
Tydens die protes sal deelnemers vir 15 minute in totale stilte vanaf 12:00 tot 12:15 op die grond lê, in swart geklee. Dit simboliseer die lewens wat daagliks verlore en vergete gaan en die feit dat wanneer vroue stil raak, die land tot stilstand kom. Vir elke Namibiese en Suid-Afrikaanse vrou wat daagliks vermoor word – gemiddeld 15 – word dieselfde stilte gehandhaaf.
Die beweging eis dat GBV as ’n nasionale ramp verklaar word, dat regering konkrete beleids- en beskermingsmaatreëls instel, Die organiseerders het in amptelike reaksie op die petisie wat ingestuur is, gesê dit word gedryf deur gewone Namibiërs, nie politieke strukture nie en dat vroue siek en sat is om hul lewens in ’n konstante gevaar te leef.
Die stilstand vind oraloor Namibie in al 14 streke by vrywillige gekoördineerde byeenkomspunte plaas. Die protes kry geen amptelike geld nie. Deelnemers word ook gevra om nie werk (betaald of onbetaald) toe te gaan nie, nie skool of universiteit by te woon nie, geen geld te bestee nie en hul sosialemediaprofielfoto’s na ’n pers kol te verander. Dié wat nie by ’n byeenkomspunt kan uitkom nie, kan waar ookal hulle is, net stilsit of -lê.
Organiseerders beklemtoon dat die sukses van die protes gemeet sal word aan die regering se reaksie en toekomstige optrede. Met verkiesings wat volgende Woensdag plaasvind, hoop die beweging dat nuwe leiers GBV as ’n nasionale prioriteit sal erken.
“Ons is siek en sat.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie