‘Buitelanders stem nie vir julle’

Regering sal hofuitspraak eerbiedig
Minister Albert Kawana het vroeër dié maand gesê die ministerie sal nie aan die hofuitspraak oor selfdegeslaghuwelike gehoor gee totdat hy regsadvies van die prokureur-generaal ontvang het nie.
Yandi Du Plessis
Elizabeth Joseph, Ogone Tlhage en Tuyeimo Haidula – Die regering moet baie versigtig wees om besluite te neem om buitelanders in plaas van Namibiese kiesers te paai, het ’n tradisionele leier vandeesweek opgemerk.

Dit nadat die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit aangekondig het dat hy sal voldoen aan ’n onlangse hooggeregshof-uitspraak wat bepaal dat hy selfdegeslaghuwelike tussen Namibiërs en buitelanders – wat in die buiteland voltrek is – moet erken.

Herman Iipumbu, die Uukwambi-hoofman wat ook die voorsitter van die agt tradisionele Owambo-owerhede is, het gesê: “Die regering moet baie versigtig wees. Dit is nie buitestanders wat vir hulle stem nie.”

Die ministerie het Woensdag sy personeel meegedeel om “hulle daarvan te weerhou om buitelandse burgers wat met Namibiërs [van dieselfde geslag] getroud is en die afhanklike kinders van partye in selfdegeslaghuwelike te versoek om enige tipe permit te toon vir hul toetrede tot, verblyf, werk en/of studies in Namibië”.

“Wat dit beteken, is dat ’n buitelander wat in ’n geldige huwelik met ’n Namibiër buite Namibië tree – ongeag of hul verhouding heteroseksueel of homoseksueel van aard is – geregtig is om in Namibië binne te kom en hier te woon, te werk en/of te studeer sonder dat dit nodig is om enige permit te verkry om dit te doen, wat andersins van buitelandse burgers vereis word ingevolge afdeling 5 van die wet op immigrasiebeheer,” het die uitvoerende direkteur, Etienne Maritz, in ’n interne memorandum gesê.

“Dit beteken ook dat afhanklike kinders van die selfdegeslag-partye Namibië mag binnekom en hier woon, werk en/of studeer sonder dat dit nodig is om enige permit te verkry om dit te doen.”

Minister Albert Kawana het vroeër vandeesmaand gesê die ministerie sal nie aan die hofuitspraak gehoor gee totdat hy regsadvies van die prokureur-generaal, Festus Mbandeka, ontvang het nie.

Kawana het Woensdag geweier om te sê of dié regsadvies uiteindelik ingewin is.

ONDUIDELIK

Die Namibiër Philip Lühl – wat in ’n jarelange stryd met die ministerie gewikkel is vir burgerskap vir sy kinders wat via surrogaatskap in Suid-Afrika gebore is, wat hy met sy Mexikaanse man, Guillermo Delgado, deel – het gesê die ministerie se kennisgewing was in talle opsigte onduidelik.

“Ons sal uitvind wanneer hulle [die ministerie] al ons ander hangende sake beantwoord,” het hy tydens ’n telefoniese onderhoud aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê.

‘ONAANVAARBAAR’

Intussen het die adjunkleier en parlementslid van die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF), Kalimbo Iipumbu, die ministerie se besluit as “onaanvaarbaar” beskryf.

“Ons ondersteun glad nie sodomie nie. Die huwelik moet ’n verbintenis tussen ’n man en ’n vrou wees, nie anders nie.”

Panduleni Itula, die president van die Independent Patriots for Change (IPC), het gesê die ministerie word deur artikel 18 van die Namibiese Grondwet verplig om redelik en regverdig te wees en te voldoen aan gemeneregbeginsels en enige relevante wetgewing wat op hom [die ministerie] afgedwing word.

“Talle Namibiese wette erken nie selfdegeslaghuwelike nie en ons [IPC] hou vol dat die hooggeregshof skokkend en ontsaglik fouteer het,” het hy gesê.

Maar onder die omstandighede het die ministerie geen ander keuse gehad as om aan die uitspraak gehoor te gee nie, het hy gesê.

“Tot tyd en wyl – ingevolge artikel 81 – met die Namibiese parlement wat sy wetgewende oppergesag uitoefen en die uitspraak van die hooggeregshof weerspreek, is ek bevrees sulke gemenereg is wet wat deur alle natuurlike en regspersone in Namibië gehoorsaam moet word.”

NAMIBIESE ‘RENAISSANCE’

Die menseregte-aktivis Linda Baumann het die ministerie se besluit geprys.

“Dit is die renaissance van Namibies wees en ek kan nou trots wees om te sê ek is ’n Namibiër.

“Dit sou gebeur omdat die Namibiese regering glo in die skeiding van magte. Soveel as wat die ministerie sy tyd geneem het om oor die uitspraak te besin, het hy hierdie besluit geneem volgens die Grondwet van hierdie land,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%