Bejaarde San-egpaar staatloos en honger

Geen nasionale dokumente, geen staatstoelae
Die egpaar het gesê hulle probeer al jare lank nasionale dokumente kry, maar tot dusver was hul pogings tevergeefs.
Yandi Du Plessis
Kenya Kambowe – Omdat hulle nie nasionale dokumente het nie, ontvang Mboma Nyumbu (92) en Thitoka Ndumba (82) nie staatstoelae nie.

Dié San-egpaar van die nedersetting Mutjiku in die Kavango-Oosstreek sukkel om kop bo water te hou en is afhanklik van los werkies en regeringskospakkies.

Hulle opstal huisves 18 familielede, waarvan die meerderheid kinders is. Niemand het ’n vaste werk nie en Nyumbu is nou siggestremd.

Mutjiku is sowat 205 kilometer oos van Rundu in die Mukwe-kiesafdeling geleë.

’N PAAR WEKE

Alhoewel die egpaar nie ’n maandelikse toelae ontvang nie, kry hulle kospakkies van die regering wat bestaan uit mieliemeel, blikkiesvis, kookolie, boontjies, sout en blikkiesvleis.

Hierdie kos sal na verwagting drie maande hou, maar die familie het gesê aangesien hulle nie ’n inkomste het om hul kosvoorraad aan te vul nie, is dit net genoeg vir ’n paar weke.

“Die laaste keer wat ons kos gekry het, was in Maart, maar daardie kos het nie April gesien nie. Ons is nou in Julie. Ons hoop dit kom gou, want ons het niks om te eet nie,” het hulle gesê.

Die egpaar het net een kind, Mary Madara (39).

Sy het ’n oom se van gebruik om ’n identiteitsdokument (ID) te kry aangesien haar ouers staatloos is.

“Dit is so hartseer om te sien dat ander bejaardes staatsvoordele kry terwyl my eie ouers – wat in hierdie dorpie gebore en getoë is – soos buitelanders behandel word. Hoe verduidelik jy die feit dat hul kind ’n ID het terwyl hulle nie het nie?” het Madara gevra.

GLO VAN ANGOLA

Oor hoekom hy nie nasionale dokumente het nie, het Nyumbu gesê tydens die koloniale bewind het die regering hom as ’n Angolese burger geregistreer, wat daartoe gelei het dat hy as ’n buitelander in sy eie land beskou word.

As ’n jong man was hy deel van ’n groep mense wat na Johannesburg, Suid-Afrika, geneem is. Daar is hy aangestel as ’n vragmotorbestuurder vir ’n steenkoolmyn.

“Hulle het ‘Angola’ op my Suid-Afrikaanse ID geskryf, maar ek was nie bekommerd oor wat op my dokumente geskryf staan nie; ek wou net gaan werk en vir my gesin sorg,” het hy gesê.

Hy het gesê hy het sy sig in 2006 ná ’n siekte verloor.

Sedertdien moes hy op familielede staatmaak om hom rond te lei.

NET OM TE OORLEEF

Nyumbu het gesê dit maak seer om nie soos enige ander pensioenaris staatstoelae te ontvang nie.

“Dit maak my seer om te weet dat mense met wie ek grootgeword het by die regering baat vind, maar ek en my vrou – wat in hierdie dorpie gebore is – kry niks nie. My vrou is 82 en sy doen los werkies op mense se mahangu-velde net vir ons om te oorleef,” het hy vertel.

Die egpaar het gesê hulle probeer al jare lank nasionale dokumente kry, maar dit was tot dusver tevergeefs.

Om na Rundu te reis, kos geld wat hulle nie het nie, het hulle gesê, en bygevoeg die kantoor van binnelandse sake is altyd besig.

“Ons is arm. Ons slaap op ou matrasse en ek weet nie wanneer laas ek klere gekoop of gekry het nie,” het Nyumbu gesê.

Verlede week het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit aangekondig dat Namibië tans 141 048 ongedokumenteerde en staatlose mense huisves.

Volgens internasionale wet is ’n staatlose persoon iemand wat nie in ooreenstemming met die land se wette as ’n burger beskou word nie. Sommige staatlose mense is ook vlugtelinge.

In reaksie op hierdie syfers het die kabinet verskeie veranderinge aan die land se wetgewing voorgestel om ’n wetlike raamwerk te verskaf om die status van staatlose en ongedokumenteerde individue te reguleer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.95/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 931.90/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 84.48/BBP DOWN -0.0022 | Platinum US$ 992.27/OZ UP +0.71% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.95/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 931.90/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 84.48/BBP DOWN -0.0022 | Platinum US$ 992.27/OZ UP +0.71%