Child abuse and neglect
Child abuse and neglect

42% sê mishandeling van kinders is algemeen

Opname kyk na kinderveiligheidskwessies
Kindermishandeling en -verwaarlosing word meer algemeen as 'n gereelde probleem in stede aangemeld as in landelike gebiede.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit - Altesaam 42% van Namibiërs wat aan ’n onlangse Afrobarometer-opname deelgeneem het, het vermeld dat gereelde kindermishandeling of -verwaarlosing binne hul gemeenskappe voorkom.

Dié opnameverslag toon dat – ondanks ’n omvattende wetlike en beleidsraamwerk – kwessies met betrekking tot die veiligheid en beskerming van kinders steeds algemeen en gereeld in Namibië voorkom.

“Jong respondente, stedelike inwoners en arm inwoners is meer geneig as ouer mense, inwoners van landelike gebiede en ryk mense om kindermishandeling en kinders wat nie skoolgaan nie as wydverspreide probleme in hul gemeenskappe te sien,” lui die Afrobarometer-verslag.

OPVATTINGS, DISSIPLINE

Kindermishandeling en -verwaarlosing word meer algemeen as ’n gereelde probleem in stede (47%) aangemeld as in landelike gebiede (37%).

Die persepsie van kindermishandeling en -verwaarlosing as ’n wydverspreide probleem is hoër onder arm respondente, wat wissel van 28% van diegene wat meer welaf is tot 46% van diegene wat matige of hoë armoedevlakke ervaar.

Volgens die opname sê 58% van Namibiërs ouers is soms of altyd geregverdig om fisieke geweld te gebruik om hul kinders te dissiplineer.

Van dié respondente sê 52% egter die gebruik van fisieke geweld om kinders te dissiplineer is nie baie algemeen in hul gemeenskappe nie.

Stedelike inwoners is heelwat meer geneig as hul eweknieë wat in landelike gebiede woon om aan te meld wanneer volwassenes in hul gemeenskap fisieke geweld gebruik om kinders te dissiplineer (52% teenoor 39%).

Hierdie persepsie is ook meer algemeen onder mans (49%); die jongste respondente – tussen die ouderdomme van 18 en 24 jaar – (53%), en die armes (51%), as onder hul onderskeie eweknieë, maar is minder wydverspreid onder diegene sonder enige formele skoolopleiding (41%), as onder meer geleerde respondente (45%-50%), toon die opname.

TOEGANG TOT HULPMIDDELS

Volgens die opname sê net meer as die helfte van Namibiërs hulpbronne is in die algemeen beskikbaar in hul gemeenskap om mishandelde en verwaarloosde kinders (55%), kinders met gestremdhede (56%) en kinders en volwassenes met geestes- of emosionele probleme (53%) te help.

Altesaam 61% van Namibiërs sê die regering kwyt hulle goed van hul taak om die welstand van kwesbare kinders te beskerm en te bevorder.

Vir kinders wat beduidende uitdagings in die gesig staar, kan ondersteuningsdienste deurslaggewend wees om hulle voor te berei op suksesvolle lewens, lui die verslag.

“Die meeste Namibiërs woon binne loopafstand van ’n skool (86%). Baie minder mense woon binne stapafstand van ’n gesondheidskliniek (45%) of het ’n nabygeleë polisiekantoor (40%) of regeringskantoor of maatskaplike sentrum (31%), waar mense om hulp kan aanklop.”

Net meer as die helfte (55%) sê mense in hul gemeenskap kan in die algemeen hulp kry vir kinders wat mishandel of verwaarloos is.

ONDERSTEUN DIE JEUG

Ongeveer dieselfde persentasie (55%) sê ondersteuning is beskikbaar vir kinders met fisieke gestremdhede, terwyl 53% sê kinders en volwassenes met geestes- of emosionele probleme kan hulp in die gemeenskap kry.

“Mans en vroue het soortgelyke sienings oor hierdie vrae, asook stedelike en landelike inwoners, maar assesserings van die beskikbaarheid van ondersteuningsdienste verskil aansienlik volgens respondente se opvoedings- en ekonomiese vlakke,” lui die Afrobarometer-verslag.

In die algemeen is landsburgers wat geen formele onderrig ontvang het nie en diegene wat hoë vlakke van armoede beleef, minder geneig as hul meer geleerde en ryker eweknieë om te rapporteer dat ondersteuningsdienste vir kwesbare kinders in hul gemeenskappe beskikbaar is.

Die armste burgers is aansienlik minder geneig om beskikbare ondersteuning vir mishandelde en verwaarloosde kinders, gestremde kinders en mense met geestes- of emosionele probleme aan te meld, lui die verslag ten slotte.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 18.06 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.06 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1762.08 Down -0.21% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27224.8 Down -0.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 420.15/OZ DOWN -0.0025 | Copper US$ 5.07/lb DOWN -0.0013 | Zinc US$ 3 134.30/T UP 0.16% | Brent Crude Oil US$ 82.81/BBP DOWN -0.0135 | Platinum US$ 1 051.70/OZ UP +0.17% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 18.06 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.06 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1762.08 Down -0.21% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27224.8 Down -0.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 420.15/OZ DOWN -0.0025 | Copper US$ 5.07/lb DOWN -0.0013 | Zinc US$ 3 134.30/T UP 0.16% | Brent Crude Oil US$ 82.81/BBP DOWN -0.0135 | Platinum US$ 1 051.70/OZ UP +0.17%