Winterreën buite Windhoek
Misreën het gisteroggend in die hartjie van die winter by Hochland Nest langs die Friedenhaudam uitgesak. Die Meteorologiese Diens van Namibië het 'n weerwaak uitgereik en gemaan teen ysige koue, buie en donderbuie in die Suide. Baie koue toestande sal oor die binneland voorkom. Dit sal gedeeltelik bewolk en koud in die binneland in die Suide wees met buie en donderbuie aan die kus in die Suide. FOTO GYS LOUW
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie