Stryd om oorlewing teen PNG
Krieket
Gerhard Erasmus en sy Richelieu Eagles-span kom vandag vanaf 09:30 by United-veld te staan teen die Barramundis van Papoea-Nieu-Guinee wat ewe desperaat is om uitskakeling in die wedloop om kwalifisering vir die Wêreldbeker af te weer.
Beide spanne is met die rug teen die muur ná hul openingsnederlae in die uitduntoernooi voor die finale Wêreldbeker-kwalifisering, wat in Junie in Zimbabwe voorlê.
Die Eagles is Sondag met 80 lopies bloedneus deur die VSA geslaan, terwyl die Verenigde Arabiese Emirate die volgende dag vir PNG met 21 uitoorlê het.
Nadat PNG die afgelope jare opdraand gekry het, beleef hulle tans ’n opwaartse kurwe en kan teen Namibië wys wat hul peil tans is. Tony Ura (56) en Kiplin Doringa (73) het Maandag gewys wat in hulle steek en dan is Sese Bau, Assad Vala en Charles Amini ook bekwaam met die wilgerlat.
Chad Soper en Semo Kamea het gesamentlik ses slagoffers tussen hulle bewerkstellig, terwyl Norman Vanua, Riley Hekure en Vala net-net meer as 5 per boulbeurt afgestaan het.
Namibië kon nou slegs een van sy laaste sewe eendagwedstryde wen.
Die Eagles se topkolwers was wisselvallig. Niko Davin, wat Sondag sy ODI-debuut gemaak het, en Michael van Lingen kon slegs 1 lopie tussen hulle behaal en Michau du Preez is uit vir 5.
Hoewel die Eagles-boulers aanvanklik goed geboul het, kon hulle nie die VSA uitboul nie.
Shaun Fouché (55 lopies en 3/46) het sy beste wedstryd nóg vir Namibië gelewer en is deur Pierre de Bruyn, hoofafrigter van die Eagles, as ’n vars briesie beskryf. Hopelik kan Niko Davin ook vandag sy merk met die kolf maak.
Kanada en die VSA sal vandag by Wanderers kragte meet.
Op die puntestand ná een wedstryd elk: VSA 2 punte, Kanada 2, Emirate 2, PNG 0, Jersey 0, Namibië 0. Net twee lande sal hul plek na Zimbabwe bespreek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie