Thandi Modise van Suid-Afrika en Netumbo Nandi-Ndaitwah. Foto SADC
Thandi Modise van Suid-Afrika en Netumbo Nandi-Ndaitwah. Foto SADC

SADC staan saam vir vrede

Augetto Graig
Die adjunk- eerste minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het gister in haar kapasiteit as die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se ministeriële komitee van die liggaam op politiek, verdediging en sekuriteit, se buitengewone vergadering in Windhoek geopen.

Vordering met die toepassing van besluite wat in Augustus tydens die 42ste beraad van SADC-staatshoofde in Kinshasa in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC) geneem is, is bespreek.

Hoog op die agenda was die voortdurende konflik in die ooste van die DRK, waarvoor SADC die Verenigde Nasies vir groter militêre ondersteuning vra.

“Onlangse aanvalle in die oostelike deel van die DRK het honderde se dood veroorsaak en duisende ontwortel. Hierdie veiligheidsbedreiging deur rebellemagte is steeds ’n groot kommer vir ons streek,” het sy gesê.

Volgens haar bedreig die geweld die integrasie en verdere ontwikkeling van die ekonomie in die gebied. SADC-soldate vanuit Malawi, Suid-Afrika en Tanzanië is onder die VN se Monusco-magte wat in die land ontplooi is en moet groeiende uitdagings die hoof bied.

Die streek moet dus sy poging verdubbel om stabiliteit in die DRK te herstel, sê sy.

Nog ’n knelpunt is in die Cabo Delgado-provinsie in Mosambiek waar SADC ook soldate ontplooi het.

Die nuutste oor die veiligheidsituasie in dié gebied is ook bespreek, waar SADC nou ondersteuning met polisiedienste, gevangenisdienste en burgerlike hulp sal bied om Mosambiek te help om ná vyf jaar se aanvalle te herstel.

Die prestasies wat onder bespreking is, is die onlangse verkiesings in Angola en in Lesotho wat albei vry, regverdig en vreedsaam verloop het, sê sy.

“Ek is bly om te beklemtoon dat streekbetrokkenheid en bemiddelingspogings in Eswatini vorder en konstruktief is,” met inagneming dat president Hage Geingob as voorsitter van die liggaam ’n eendag-werkbesoek op 18 November vanjaar afgelê het, sê sy.

Die streek is egter ongelukkig oor die Verenigde State van Amerika (VSA) se nuwe wet op “countering malign Russian activities in Africa”, waarmee die vasteland vir eensydige strafmaatreëls geteiken word, sê sy.

“Afrika kan net sterker word as ons verenig bly,” dring sy aan en sê die kwessie sal met die Afrika-unie (AU) opgeneem word, sodat die vasteland ’n gesamentlike standpunt hieroor kan inneem.

Die vergadering is ook deur haar eweknie in Zambië, Stanley Kakubo, en die Suid-Afrikaanse minister van verdediging en veteranesake, Thandi Modise, as onderskeidelik die volgende en voormalige voorsitters van die liggaam bygewoon.

Lidlande het senior beamptes, hoofde van verdediging en sekuriteitsinstansies en ander afgevaardigdes ook gestuur.

Volgens die uitvoerende sekretaris van die SADC-sekretariaat, Elia Magosi, sou die hersiene SADC-prinsiep en riglyn vir demokratiese verkiesings ook bespreek word.

Die SADC-sendings om toesig oor verkiesings te hou, sal in die vervolg deur presidente of voormalige presidente gelei word, as die wysigings goedgekeur word.

Magosi se verslag na sy besoek vanaf 14 tot 16 November aan Mosambiek sou bespreek word, en ook die versterking van die paneel van oudpresidente wat die bewaring van vrede in die streek sal bevorder.

Magosi het ook vir Nandi-Ndaitwah gelukgewens met haar verkiesing as visepresident van Swapo die afgelope naweek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064