Foto Facebook/Privaatskool Elnatan
Foto Facebook/Privaatskool Elnatan

Palmpikkies baljaar in die modder

-
-
Francoise Steynberg

Dinge het ’n bietjie modderig geraak by Palmpikkies op Mariental. “Die versoeking om in die modder te baljaar was eenvoudig net te groot en toe die eerste (heel onskuldig bedoelde) modderbol vlieg, was alle hoop verlore. Binne sekondes het dit ontaard in ’n epiese moddergeveg van Olimpiese vlak en die kinders het elke oomblik daarvan geniet!” Personeel vra om verskoning vir enige ekstra wasgoed, maar belowe daar is baie gelag, vars lug en gelukkige herinneringe saam huis toe gestuur. ’n Beroep word op ouers gedoen om die kinders met ou klere skool toe te stuur. Foto Facebook/Elnatan Privaatskool

Kommentaar

Republikein 2026-06-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer