
Atmosferies: “Nog ’n besonderse sonsopkoms op die plaas Helmeringhausen,” sê Björn Basler.

Skouspelagtig: Jaco Barnard het die weerlig suid van Windhoek vasgevang.

Pragtig: “Die blomme van die Koningin van die Nag, is pragtig groot hierdie jaar. ’n Wonderwerk van die natuur,” sê Regina Küchemann van Swakopmund.

Rustig: “Dit is van die Noordduin in Hentiesbaai, deur ’n Gautenger, Una-Lou Jordaan, se lens gesien.”

Oop ruimtes: “Ek en my vrou was onlangs in Etosha,” sê Edwin Pagel.

Hallo: “Kyk wie loer,” sê Jane.

Geseënd: “Die foto is op die plaas lAoxas van Hendry Jagger buite Bahnhoff geneem.” Die foto is per WhatsApp ontvang.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie