KIEKIEKOMPETISIE
Die Kiekiekompetisie vir September sluit af met nog ’n veertjie in Björn Basler se hoed! Hier is die res van die toptien.
Skryf solank vir Oktober se kompetisie in deur jou kiekies per WhatsApp aan +264 85 785 6231 te stuur.
REëLS
• Geen foto’s kan namens ander fotograwe ingeskryf word nie.
• Die maand se wenfoto word deur Republikein se redakteur gekies en die besluit is finaal.
• Foto’s sal op Republikein se sosialemediaplatforms gedeel word, maar die wenner word nie op grond van “likes” gekies nie. Let ook op dat nie al die foto’s noodwendig op die platforms gedeel word nie.
• Deur deel te neem bevestig jy dat Republikein jou inskrywing kan publiseer (in druk/aanlyn) en dit vir bemarkings- en kommersiële doeleindes op ’n redelike en billike wyse kan gebruik. Wenners moet ook bereid wees om die kompetisie te help bemark. Die organiseerders waarborg die veilige bewaring van persoonlike inligting en hou rekord van alle inskrywings en prystoekennings.
• Geen werknemer van Republikein of Network Media Hub (NMH) en sy filiale kom in aanmerking om enige pryse te wen nie.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie