Esau getuig oor 'omkoopgeskenk'

"Ek sal dalk teruggaan parlement toe"
Die Fishrot-beskuldigde Bernhard Esau het getuig dat hy bloot uit hoflikheid 'n iPhone met twee sim-kaarte van 'n "belegger van Hongkong" aanvaar het.
Iréne-Mari van der Walt
“Wanneer jy in hoë posisies kom, probeer mense jou omkoop. Ek moes die speletjie speel.”

So het die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, en nou Fishrot-beskuldigde, Bernhard Esau, Dinsdag tydens kruisondervraging in sy borgtogaansoek gesê met betrekking tot vrae oor ’n selfoon wat die staat beweer hy as ’n omkoopgeskenk aanvaar het.

Die staatsaanklaer, Cliff Lutibezi, het vir die eerste uur van Esau se borgtogaansoek gefokus op die betrokke swart selfoon wat glo ook in die Al Jazeera dokumentêre onthulling van die Fihsrot-korrupsieskandaal ter sprake gekom het.

Esau se regsverteenwoordiger, Florian Beukes, het beswaar gemaak hieroor en gesê die selfoon is nie relevant tot hierdie hofverrigtinge nie, gegewe dat Esau nie in terme daarvan aangekla is nie. Regter David Munsu het egter die ondervraging toegelaat.

Esau het getuig dat iemand wat homself as ’n belegger van Hongkong voorgestel het, hierdie selfoon aan hom gegee het as ’n geskenk. Hy het verduidelik dat hy hierdie toestel na Namibië terug gebring het en dit in sy studeerkamer gelos het voor hy dit teruggegee het.

“Ek het dit teruggegee omdat ek reeds ’n werk- en ’n persoonlike selfoon gehad het.”

Volgens Esau het hy die selfoon uit hoflikheid, asook veiligheid en sekuriteit gevat. Hy het erken dat hy navrae by die belegger gedoen oor iPhone-model selfone wat twee sim-kaarte kan vat, maar hy het glo nooit uitdruklik gevra vir een nie.

“Ek het gesê dis ongemaklik om ’n werksfoon en ’n persoonlike selfoon te hê,” het hy getuig.

Hy het verder gesê hy het nie aan die parlement daardie selfoon as ’n bate verklaar nie, omdat dit nie aan hom behoort het nie.

TERUGKEER NA PARLEMENT

Esau het ook tydens kruisondervraging erken dat hy verskeie dokumente wat in die Fishrot-korrupsieskandaal verstrengel is, onderteken het sonder om dit deur te lees – optrede wat Lutibezi aan hom gestel as nalatig beskou kan word.

Esau het nie regstreeks hierop geantwoord nie en eerder verduidelik dat hy die verantwoordelikheid om ondersoek in te stel aan beamptes van sy ministerie gedelegeer het.

Hy het aan Munsu gesê dis teen sy morele en etiese waardes “om aan iets te raak wat nie myne is nie.”

Esau het ook tydens sy getuienis gesê hy hoop om weer ’n lid van die Namibiese parlement te wees. “Ek sal dalk teruggaan parlement toe,” het hy gesê.

MEDEBESKULDIGDES

Esau het getuig hy het verskeie van sy medebeskuldigdes vir die eerste keer in die tronk ontmoet toe hulle vir hul beweerde medepligtigheid in die korrupsiesaak in hegtenis geneem is.

“Ons is nie eweknieë nie. Van hulle is jonk genoeg om my seuns te wees,” het hy getuig.

Hy het aangevoer dat hy tevore geen verhouding met onder andere die medebeskuldigdes Ricardo Gustavo, Sacky Shanghala en Otneel Shuudifonya gehad het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.77 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.35/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.95/lb UP +1.51% | Zinc US$ 3 015.00/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 82.20/BBP DOWN -0.0116 | Platinum US$ 1 045.67/OZ UP +0.18% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.77 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.35/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.95/lb UP +1.51% | Zinc US$ 3 015.00/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 82.20/BBP DOWN -0.0116 | Platinum US$ 1 045.67/OZ UP +0.18%