Photo Caption
Photo Caption

Dis omajova-tyd!

Francoise Steynberg

Met die goeie reënseisoen is omajovas in die noordelike en sentrale dele van die land weer volop. Hierdie eg Namibiese lekkerny is sowat 30 km noordoos van Okahandja gekry waar Tamryn du Plessis met die reuse pryk. "Hulle is sowat 40 cm hoog en weeg net onder ’n kilogram. Hulle was heerlik! Hierdie was ’n goeie seisoen," sê Linda du Plessis.

Kommentaar

Republikein 2026-07-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer