Baas op sy eie werf
“Met sy sagte oë, groot ore en onskuldige uitdrukking vang hierdie foto die besondere karakter van ’n plaashondjie vas. Teen die warm gloed van die sonsondergang vorm die plaaslandskap die perfekte agtergrond vir ’n oomblik van pure eenvoud en liefde,” vertel Retha van Rooyen meer oor die “klein jagter” wat sy op die plaas Ovigere in die Otjiwarongo-distrik gekiek het. Met haar topfoto van Republikein se Kiekiekompetisie vir Augustus wen Van Rooyen ’n lekker prys met die komplimente van Enjoy Travel.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie