Mooiste Boeren Namibië se trots

Desmarius Hansen

Namibië se Chantel Boeren is die merkwaardige naaswenner van Mej. Tiener Internasionaal 2026. Die skoonheidskompetisie het in Jaipur in Indië plaasgevind waar sy algeheel tweede onder 30 deelnemers van oraloor die wêreld geëindig het. Chantel se indrukwekkende internasionale triomf beteken dat sy Namibië se hoogste plasing ooit by dié kompetisie behaal het en die land se vorige beste van ’n tweede naaswenner-plek in 2024 oortref. FOTO MISS TEEN INTERNATIONAL



Kommentaar

Republikein 2026-10-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer