Die eerste draai op die dansvloer
Vanaf die oomblik dat hulle die liedjie vir die eerste keer gehoor het, het hulle geweet dit sou die een wees waarmee hulle as pasgetroude paartjie die dansbaan sou open.
Die lirieke van Brendan Peyper se “Op jou spoor” was vir JP en Monya Geldenhuys spesiaal omdat dit die liefde, toewyding en dankbaarheid wat hulle vir mekaar voel, perfek vasvang.
“Van die oomblik dat ons dit gehoor het, het ons geweet dit sou ons eerste dansliedjie wees,” vertel Monya.
In plaas daarvan om formele danslesse vir hul eerste buiging as egpaar op die dansvloer te neem, het hulle gekies om by die huis te oefen.
“Die oefensessies het spesiale herinneringe op sigself geword, gevul met lag, opwinding en die afwagting van die aftel na ons troudag.”
Toe die oomblik uiteindelik aangebreek het, het dit nie gegaan oor perfekte choreografie nie, sê Monya.
Dit het bloot gegaan oor saam wees, om dit te geniet en die begin van hul huwelik te vier.
Op jou spoor – Brendan Peyper
Sê jy’s verlief op my
Maar dis nou verby die son het klaar gesak
En die wolke kom sit teen die rand
Van my gekweste hart
Hier kom die donderweer
Ek kan dit nie keer
Gaan haal jou emmer sement en skep water om dit mee te meng
En vee al my krake toe
Ja ek is op jou spoor
Op jou spoor ek kan jou nie verloor nie
Jou nie verloor elke traan wat jy afvee lei my net weer nader aan jou
Ja ek is op jou spoor
Op jou spoor ek kan jou nie verloor nie
Jou nie verloor daar’s ’n plek in my hart spesiaal net vir jou gehou
Ja ek is op jou spoor
Ek is op jou spoor
Sal jy jou kop oplig, my wonde is nog rou
Sou saam ’n lewe bou
Dis waarvoor ek bid vir jou
Ek bid vir jou
Is daar nog hoop vir my, waar gaan ek jou kan kry?
Die skoot het klaar geklap en al wat sit is ’n spoor in die sand
Hoe het ons hier beland?
Ja ek is op jou spoor
Op jou spoor ek kan jou nie verloor nie
Jou nie verloor elke traan wat jy afvee lei my net weer nader aan jou
Ja ek is op jou spoor
Op jou spoor ek kan jou nie verloor nie
Jou nie verloor daar’s ’n plek in my hart spesiaal net vir jou gehou
Ja ek is op jou spoor
Ek is op jou spoor


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie