Dié boeke 'n moet vir jou leesvakansie

Wat is dan nou lekkerder in die vakansie om jou plek op die rusbank terug te steel en te ontspan met 'n boek?
Henriette Lamprecht
Dryf - Cecilia Steyn (Kinder- en jeugfiksie)

Aanhangers van Enid Blyton se Famous Five-reeks sal gaande wees oor Cecilia Steyn se jeugroman Dryf. Dit is ’n avontuurverhaal met ’n skeut spanning en romanse.

Caleb Meyer offer sy matriekvakansie op om die raaisel van sy pa se verdwyning in die fiktiewe kusdorpie Stormwater uit te pluis. Almal meen Caleb se pa, ’n oseanograaf, is in ’n ongeluk dood, maar Caleb ruik lont, want kort voordat sy pa se vliegtuig in die see gestort het, het hy ’n inskrywing op sy blog geplaas oor iets onrusbarend wat hy op die seebodem waargeneem het.

Hier roer dus onheilspellende dinge onder die oppervlak. Dinge wat nie (net) met die sogenaamde “vloek” van Stormwater te doen het nie. Omgewingskwessies kom ter sprake, insluitend klimaatsverandering, korporatiewe geldgierigheid en seismiese opnames.

Terselfdertyd beland die 16-jarige Freya Eksteen in Stormwater vir die vakansie. Freya ly aan chroniese moegheidsindroom of mialgiese ensefalomiëlitis (ME). Daarom vertoef sy by ’n tante terwyl haar twee ma’s oorsee is. Die roman skep inderdaad belangrike bewusmaking van dié “onsigbare” siekte.

Freya is toevallig ook ’n liefhebber van speurverhale (whodunnits). So, toe sy en Caleb bevriend raak, is sy ywerig om die rol van helper te speel tesame met hul maats Mateo, Ebert en Anathi. In die proses lê Freya geheime van haar eie bloot en maak sy deure oop wat ’n storm in haar binneste losmaak.

The Furies- John Connolly (Misdaadfiksie)

The Furies is ’n dubbeldoor – ’n twee-vir-die-prys-van-een bestaande uit twee romans: The Sisters Strange en The Furies.

Parker is steeds ’n hardekoejawel- private speurder wat nie skroom om sy hande vuil te maak, die wet te omseil of sy twee handlangers, Louis en Angel, in te span wanneer omstandighede dit vereis nie. Sy uitkyk op die lewe is sinies-swartgallig; hy is die wroegende speurder so kenmerkend van noir-misdaadfiksie.

Hier is geen tekort aan eksentrieke en soms doodgewoon grieselrige karakters nie. The Sisters Strange se enigmatiese Kepler lyk of hy vinnig op pad is na die hiernamaals en ruik soos ’n kombinasie van rooswater en ’n puttoilet gedurende hoogsomer. Die susters, Dolors en Ambar Strange, se ongewone name is te danke aan hul ouers wat nie kon spel nie. Parker vergelyk Dolors se voorkoms met ’n stoere grafsteenstandbeeld.

The Furies vind hoofsaaklik plaas in die Braycott Arms-hotel, ’n halfweghuis vir misdadigers wat deur Bobby Wadlin, ’n groot liefhebber van western-flieks, bestuur word en wat anderkant toe kyk as misdadige aktiwiteite onder sy dak plaasvind.

Parker word deur Sarah Abelli, die weduwee van ’n vermeende bendelid, gehuur om twee mans op te spoor wat haar aangerand het en nou ook afpers. Hy hoef nie ver te soek nie – Veale en Pantuff is inwoners van die Braycott Arms.

Our Poisoned Land: Living in the Shadows of Zuma’s Keepers - Jacques Pauw (Niefiksie)

Dit is nie asof Jacques Pauw in sy jongste boek soveel eens verborge boosheid onthul nie. Dít wel, maar die trefkrag lê eerder in die ongekende delfstof uit die verslag van die Zondo-kommissie, sy oorhoofse greep op diverse bronne, en die helderder beeld van skokkende misdadigheid wat hy telkens skets, skryf Johann Kriegler.

Wat dié stof veredel, is die outeur se oorhoofse greep op diverse bronne waardeur hy hul individuele en gesamentlike gewig verhoog. Hy skets telkemale ’n helderder beeld van skokkende misdadigheid wat die staatsbestuur in sy kernfunksies soos ’n parasitiese rankplant met sy gasheerboom, uitsuig en doodwurg.

Dis ook opvallend hoe dikwels hy skurke by die naam noem.

Our Poisoned Land neem as ’t ware die fakkel by die opspraakwekkende en volmondig geprese The President’s Keepers oor en belig opnuut talle van die duistere komplotte, wat soms gestuit maar in wese onbestraf staan.

Pauw slaag nie alleen herhaaldelik daarin om ’n warboel bewerings uit ’n verskeidenheid andersoortige bronne verstaanbaar te maak nie, maar doen dit in duidelike en allemanstaal.

Sanctum – Joan Hambidge (Digbundel)

Joan Hambidge se jongste bundel is midde-in die ontwrigting van die Covid-19-pandemie geskryf. Sy dig oor verliese en verlorenheid en onder meer die verwoestende brand by die Universiteit van Kaapstad, waar sy doseer het.

Die bundel, Hambidge se 26ste, is geskep in die inperkingstyd in Suid-Afrika, ’n tydperk van die grootste ontwrigting en verliese in die moderne tyd tot nog toe.

Sanctum is die slot van ’n drieluik-digbundels en volg op Hambidge se Konfessies, kaarte en konterfeitsels en Nomadiese sterre.

Faf: Through Fire deur Faf du Plessis. (Outobiografie)

Die boek is ’n forensiese ontleding van Faf du Plessis deur Faf du Plessis. Hy sny homself oop tot op die been, en lê die verskillende aspekte van sy persoonlikheid op ’n staaltafel neer vir lesers om van nader te bekyk.

Die goue draad wat deur die boek loop, is leierskap. Hy bekyk dié deel van sy persoonlikheid in detail – hoe hy aan die begin van sy loopbaan slegs vir sy spelers iets wou beteken as hulle vir hom iets op die veld kon beteken. Hy het nie omgegee oor die mense agter die beenskutte nie, slegs oor die flitsende kolf.

Faf praat van sy jonger self, sy ware self, sy ouer self, sy voormalige self, sy outentieke self, sy sosiale self, sy volle self, sy doel. Hy lig die sluier oor talle voorvalle waaroor die krieketpubliek nou al jare lank wonder.

Wat Du Plessis te sê het oor die kweek van ’n gesonde spankultuur, strek verder as net sport. Dit is idees wat in die sakewêreld, ’n skoolomgewing of enige werkplek inslag kan vind. Dit verleen diepte aan ’n boek wat ’n goue balans gevind het tussen sappige onthullings, ’n diepte-karakterstudie van ’n aangrypende en gewilde individu, en nadenke oor maatskaplike kwessies. – Bron: Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%