Dagmar is sjef van die jaar
Sjef Dagmar Grüner (middel) is as Namibië se sjef van die jaar gekroon. Elwaro Suze is as junior sjef aangewys en Cara Kotze as die skoolsjef van 2026. Die president van die Namibiese Sjefsvereniging, Kurt Burns, het bevestig dat Grüner se hoogste eerbewys van ’n goue sertifikaat die eerste een is wat in meer as vyf jaar in die kompetisie toegeken is. Saam met haar is sjef Ralf Herrgott (links) en Gerald Cloete van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se hotelskool. Foto Iréne-Mari van der Walt


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie