Windhoek se spinasie-koningin
Auguste Kankono, beter bekend as me. Kaspinach, is 'n sakevrou wat ook die eienaar van 'n spinasieplaas by die Goreangabdam in Windhoek is. Sy het in 2019 begin om spinasie in haar agterplaas te plant, nadat sy haar werk verloor het. Auguste het begin om van die spinasie gratis aan haar bure te skenk, maar het later dit teen eers N$5 en toe teen N$10 verkoop.
Sy het later 'n plot gekry en kon meer plant en produseer om in die toenemende aanvraag te voldoen. Auguste sê peste wat haar oes vernietig en 'n gebrek aan kapitaal is van die grootste uitdagings wat sy in die gesig staar.
Verslag: Junior Kapofi

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie