Weiding in Angola gesoek
Veeboere in die Ohangwenastreek het weens ’n swak reënseisoen begin voelers uitsteek na weiding in buurland Angola.
Die goewerneur van die streek, Walde Ndevashiya, sê sy kantoor het verskeie versoeke van boere deur tradisionele owerhede ontvang om met hul Angolese eweknieë te onderhandel vir weiding in ’n poging om hul diere te red.
“Die streek ervaar tans ’n ernstige droogte wat die meeste, indien nie al die kiesafdelings gaan raak nie. Die kantoor van die goewerneur is oorval met oproepe van boere en tradisionele owerhede in die streek wat vra vir gesprekke tussen die Namibiese en Angolese owerhede oor die kwessie van weiding,” het hy gesê.
Ndevashiya sê ’n hoëvlak-ontmoeting tussen Namibiese owerhede en Angola is nodig om die kwessie van plaaslike boere te bespreek wie se beeste in Angola wei.
“Weidingsregte moet ontwikkel en toegeken word in veral die Kunene- en Cuando Cubango-provinsies, gegewe die toestroming van beesboere na die land op soek na beter weiding.”
Ndevashiya het tydens sy streekrede gesê die lae reënval in die meeste gebiede die afgelope paar maande, beteken ook swak oeste vir sy inwoners. Hy het verwys na ’n sensusopname van die Vleisraad van Namibië van 2019 wat aangedui het Ohangwena het die grootste aantal lewendehaweprodusente met ’n beraamde 360 000 beeste en meer as 33 000 kleinvee.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie