Verslag oor ammoniakstelsel binne 6 weke verwag, sê Meatco
Voldoen glo nie aan basiese standaarde nie, het impak op werkers
Die A+-gradering van Meatco se abattoir in Windhoek is nie teruggetrek of onder enige verdenking nie.
Só het Meatco se waarnemende uitvoerende hoof, Albertus Aochamub, gesê en bewerings deur ’n werknemer by die abattoir ontken dat “vals inligting” tydens ’n onaangekondigde Britsh Retail Consortium (BRC)-ouditproses in Augustus tot die gradering gelei het.
’n BRC-voedselveiligheidsoudit stel ’n internasionale standaard vir die verifiëring van ooreenstemming in voedselproduksie.
In ’n brief wat wyd met die media gedeel is, het die werknemer ernstige bewerings gemaak oor die ammoniak-verkoelingstelsel se impak op werkers. Die stelsel is in die saal geïnstalleer waar die vleis ontbeen word om dit op ’n konstante kamertemperatuur te hou.
Volgens die Meatco-werknemer is dit “teen alle reëls en regulasies van die bedryf gedoen”.
“Enige geringe voorval sal nie net die vleis aan die besmetting van ammoniakgas blootstel nie, maar ook die werkers aan noodlottige vlakke van kontak,” beweer die werknemer.
Meatco het by monde van Aochamub gesê dat onafhanklike tegniese assesserings aan die gang is om infrastruktuur verder te versterk en te verseker dat daar ten volle aan die regulasies voldoen word.
Die werknemer beweer daar is “nêrens” ’n opsporingstelsel by die abattoir in plek om vroeë lekkasie op te spoor nie, terwyl “kritieke moniteringskomponente” volgens hom glo uit die stelsel verwyder is.
Hy beweer ook die hele ammoniakstelsel voldoen glo nie aan selfs die basiese standaarde in Namibië nie, terwyl weinig tot geen rekord van die tegniese departement bestaan.
“Die tegnici het nie die vermoë om die stelsel te bedryf en in stand te hou nie,” beweer die werknemer.
Bewerings word ook gemaak dat die kwessie van die “kritieke risiko en agteruitgang van die toerusting in die abattoir” en wat die lewens van die werkers “in groot gevaar stel”, verskeie kere by die bestuurders aangemeld is.
Aochamus het hierop gesê stappe buiten die onafhanklike tegniese assesserings sluit voortgesette opgraderings van stelsels in wat die lug in die saal reguleer waar die ontbening plaasvind. Dié projek sal na verwagting teen Februarie aanstaande jaar voltooi word.
’n Finale verslag van ’n omvattende oudit van die ammoniakstelsel deur Burmeister en Vennote word ook binne ses tot agt weke verwag, terwyl daar volgens Aochamub voortgeset met reguleerders, unies en sleutelkliënte in gesprek gebly word om “deursigtigheid en vertroue” te handhaaf.
“Ons waardeer die voortgesette vertroue soos ons hierdie proaktiewe stappe neem om ons jarelange reputasie vir veilige produkte van premium gehalte te versterk,” het Aochamub gesê.
Hy het ook beklemtoon dat die ouditproses wat tot die A+-gradering gelei het, volgens “streng internasionale protokol” uitgevoer is en dat die bevindinge “onbetwisbaar” is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie