AgriBank meen 'n geleentheid bestaan vir plaaslike pluimveeboere om hul produksie te verbeter om vir die tekorte in die wêreldwye aanbod te vergoed. FOTO PEXELS,COM
AgriBank meen 'n geleentheid bestaan vir plaaslike pluimveeboere om hul produksie te verbeter om vir die tekorte in die wêreldwye aanbod te vergoed. FOTO PEXELS,COM

Tyd vir groter pluimvee-, aartappelproduksie

Geleenthede vir groei wink
Volgens April se ekonomiese verslag is dit 'n geleentheid vir Namibiese boere om die verskaffing van die produkte te verhoog en hul eie inkomste te verbeter.
Elvira Hattingh
AgriBank is van mening dat plaaslike hoenderprodusente die wêreldwye tekort aan pluimveeprodukte as ’n geleentheid vir hul eie groei moet beskou, terwyl Namibiese akkerbouers ook kennis moet neem van die plaaslike tekort aan aartappels.

Volgens April se ekonomiese verslag is dit ’n kans vir Namibiese boere om die verskaffing van die produkte te verhoog en hul eie inkomste te verbeter.

Dit kom midde die nuus dat die Namibiese beesbedryf tans swaar trek as gevolg van ’n ondergemiddelde reënjaar.

BEESBEDRYF

Die totale aantal beeste wat bemark is, het in Maart 2023 met 49% tot 22 052 koppe gestyg, vergeleke met 14 848 beeste in die vorige maand.

Die oplewing word binne alle beesbemarkingsektore ondervind, met ’n driedubbelsyfergroei van 103% tot 8 142 in die sektor vir lewende uitvoere.

AgriBank is van mening dat die wisselvallige reën, wat tot die agteruitgang van weiding tussen Maart tot April gelei het, boere genoop het om van hul vee te verkoop om veeverliese aan droogte te vermy.

Volgens die Vleisraad van Namibië is daar ’n verwagting dat lewende uitvoere en slaggetalle ’n opwaartse neiging sal handhaaf, wat pryse negatief kan beïnvloed. Boere verminder tans die grootte van hul kuddes, bewaar hul hulpbronne en soek na ’n inkomste om hul vee tydens die komende droë seisoen te kan onderhou.

SKAAP

Volgens AgriBank het die bemarking van skape ook met 91% tot 90 380 toegeneem, vanaf 47 397 in die vorige maand.

Die oplewing word toegeskryf aan die uitvoer van lewende skape na Suid-Afrika. In Maart vanjaar het die getal met 95% tot 48 700 toegeneem vanaf 24 970 skape in Februarie.

Die bemarking van bokke neem egter steeds af. Dit het tot 3 638 bokke in Maart vanjaar gedaal teenoor 3 682 bokke wat in Februarie bemark is. Bokke is meer gehard teen droogte toestande en nie afhanklik van gras vir voeding nie – hulle eet die blare van bosse.

AgriBank sê egter die algemene prys van vee toon ’n afwaartse tendens, in ooreenstemming met die toenemende aanbod in Maart vanjaar.

PLUIMVEE

Die pluimveemark bly broos as gevolg van die uitbreking van voëlgriep in die grootste pluimvee-produserende lande.

Gedurende Maart het Namibië die invoer van pluimveeprodukte uit Chili en Argentinië verbied as gevolg van ’n uitbreking van voëlgriep in die lande. AgriBank meen dit is ’n geleentheid vir plaaslike pluimveeboere om hul produksie te verbeter om vir die tekorte in die wêreldwye aanbod te vergoed.

AgriBank sê die groter landbousektor word tans deur verskeie faktore geraak, soos hoë insetkoste en wisselvallige reënval.

Tog kan stabiele groei plaasvind deur vroegtydig op droogte voor te berei, te diversifiseer en met behulp van maatreëls vir die bekamping van die impak van klimaatverandering, sê die bank.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.44 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.9 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.96/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.42/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 85.99/BBP UP +1.50% | Platinum US$ 995.13/OZ UP +0.97% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.44 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.9 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.96/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.42/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 85.99/BBP UP +1.50% | Platinum US$ 995.13/OZ UP +0.97%