Turksvyboerdery floreer op Namseb
Die ontwikkeling van die plaas Namseb vir die verbouing van Opuntia ficus-indica – 'n turksvy wat help om klimaatsverandering te bestry deur koolstofdioksied te absorbeer, verwoestyning te voorkom en grondgesondheid te verbeter – is goed op dreef.
Die baanbrekersprojek van Nopal op die plaas Namseb naby Maltahöhe in die Hardapstreek, is daarop gemik om plaaslike gemeenskappe te bemagtig deur werk te skep, veevoer te verskaf en voedselsekerheid te verbeter.
“Daar is voldoen aan ons hoop en verwagtinge. Ons het goeie groei en groot vordering gesien,” het Guido von Wietersheim, die eienaar van Namseb, gesê.
“Ek glo die reën wat ons ontvang het, het 'n groot rol gespeel in die sukses wat ons nou sien. Reënwater is die beste vir plantegroei. Ons hoef nie soveel te besproei nie, wat water en arbeid bespaar het en die plante 'n ware hupstoot gegee het,” het hy bygevoeg.
VOORUITGANG
Die eerste groep turksvyplante is in Julie en Augustus verlede jaar geplant.
“Ons het reeds gemiddeld meer as sewe blare op elke moederplant. Wat ons geplant het, het sewevoudig vermenigvuldig. Ons kan selfs begin om die eerste blare te oes om te herplant,” het Von Wietersheim verduidelik.
Terwyl die plante reeds groei, word die heinings vir die hoofprojek steeds geïnstalleer.
“Hoe langer hulle groei, hoe meer volume kry hulle en hoe sterker word hulle. Dit gee hulle die reserwes wat hulle nodig het wanneer hulle oorgeplant word en bied ons ’n stewige grondslag,” het Von Wietersheim aangedui.
Swaar reën het sommige van die heiningpale losgemaak, wat herstel moes word.
“Dit het langer geneem as wat verwag is, maar ons het goeie vordering gemaak. Ek hoop ons sal binne drie of vier maande gereed wees. Sonder ’n heining is dit nie haalbaar om te plant nie; bobbejane wag net vir ’n geleentheid!”
LAE-IMPAK PROJEK
Die Opuntia ficus-indica-kultivar wat uit die Verenigde State van Amerika (VSA) ingevoer is, het goed by Namibië se klimaat aangepas.
“Dit is hoogs bestand teen hitte en behou vog, so dit benodig baie min water,” het Von Wietersheim gesê. Danksy goeie reën het besproeiing eers onlangs hervat. “Ons gee water teen 'n tempo van een liter per plant per week. Met ongeveer 35 000 plante in die kwekery, is dit 35 000 tot 40 000 liter per week. Dis 'n lae-impak, omgewingsvriendelike projek,” het hy gesê.
Tot dusver was daar geen groot terugslae nie.
“Die enigste uitdaging was die aankoms van koringkrieke ná die reën. Hulle is mal oor die plante en vrugte. As ons ’n paar goeie reënseisoene het, kan hulle ’n probleem raak.”
Gelukkig kan hulle met die hand beheer word.
“Jy loop net deur die rye en tel hulle op. Ná ’n paar dae daal die getalle genoeg om ernstige skade te voorkom.”
POTENSIAAL
Met Fase 1 wat in Mei 2024 van stapel gestuur is, beoog Nopal om 5 000 hektaar teen 2027 en 17 500 hektaar teen 2028 te bewerk.
Hoëdigtheid-aanplanting – 10 000 plante per hektaar – verseker optimale opbrengste, deur doeltreffende drupbesproeiing te gebruik om waterverbruik te bestuur.
“Die projek vorder in die rigting wat ons gehoop het,” het Von Wietersheim gesê.
“Daar is baie potensiële voordele, van koolstofkrediete en biobrandstof tot dierevoer en die vrugte self. Ons is steeds besig om ons benadering te verfyn, maar ons sal beslis ten volle gebruik maak van die plant,” het hy beklemtoon.
Een groot voordeel van die gewas vir Namibië is die gebruik daarvan as dierevoer.
“Baie boere gebruik dit reeds, sommige al vir geslagte lank. Dit is hoogs voedsaam, met 'n goeie vog- en veselinhoud. Met die regte sorg en voedingstowwe bevat dit selfs ’n redelike hoeveelheid proteïene.”
Die plant kan rou gevoer of gemeng word met strooi, gras en bymiddels.
“Dit benodig baie minder water as ander voergewasse. Dit kan die basis van verskeie voermengsels wees of gedroog en in korrels verwerk word. Die potensiaal is enorm,” het Von Wietersheim beklemtoon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie