Apples
Apples

Tuinbouprodukte van N$524 miljoen ingevoer

Slegs 30% plaaslik geproduseer
Namibië het gedurende 2022-'23 'n totale getal van 29 893 vrugte ter waarde van N$288 miljoen ingevoer.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit – Terwyl die sluiting van grense vir gespesifiseerde tuinbouprodukte gedurende tye van voldoende plaaslike produksie ’n algemene produksietoename oor die jare tot gevolg gehad het, voer Namibië steeds 70% van produkte in om in die plaaslike vraag te voldoen.

Appels is Namibië se mees ingevoerde tuinbouproduk.

Volgens die verslag “Horticulture Industry in Namibia” wat deur die High Economic Intelligence (HEI) uitgereik is, het die land gedurende 2022-’23 altesaam 66 824 ton tuinbouprodukte ter waarde van N$524 miljoen ingevoer. HEI is ’n onafhanklike navorsingsentiteit wat spesialiseer in ekonomiese en finansiële dienste.

Terselfdertyd het die plaaslike vraag na tuinbouprodukte in Namibië 95 734 ton beloop, waarvan slegs 30% plaaslik geproduseer is.

Die verslag het verduidelik die Namibiese Akkerbouraad (NAB) monitor die produksie van spesiaal beheerde produkte deur grense te sluit in gevalle waar plaaslike produksie die plaaslike vraag na daardie spesifieke tuinbouproduk oorskry.

Tydperke waartydens die grens oop of gesluit is vir spesiale beheerde produkte is ’n invoerbeperkingsmeganisme wat deur die NAB se skema vir spesiaal beheerde tuinbouprodukte (SCP) gefasiliteer word, lui die verslag.

“Die skema maak voorsiening vir die implementering van invoerbeperkings op gespesifiseerde tuinbouprodukte gedurende tye van voldoende plaaslike produksie, wat handelaars van varsprodukte aanmoedig om tuinbouprodukte aan te koop wat plaaslik geproduseer is.”

Die skema het in 2012 met slegs twee produkte (aartappels en uie) begin, wat intussen tot 20 produkte onder hierdie skema gegroei het.

Die verslag het gesê die sluiting van grense het dus daartoe gelei dat plaaslike produksie aansienlik toegeneem het van 5% in 2005 tot 47% tot op hede – en die plaaslike vraag het van 68 056 ton in 2011 tot die huidige 95 734 ton vir die 2022-’23-boekjaar toegeneem.

“Die skema het in wese plaaslike produksie gestimuleer aangesien boere 100% marktoegang gewaarborg word wanneer ook al daar ’n voldoende plaaslike aanbod van spesifieke produkte is.”

INVOERE

Gedurende 2022-’23 het Namibië ’n totale getal van 29 893 vrugte ter waarde van N$288 miljoen ingevoer – waardeur appels die hoogste tonnemaat ingevoerde vrugte was met 32%, gevolg deur piesangs teen 21%, en lemoene teen 16%.

Gedurende die eerste kwartaal van vanjaar was appels egter die belangrikste tuinbouproduk wat ter waarde van N$24,8 miljoen ingevoer is, gevolg deur groentesaad en uie in die tweede en derde posisies met onderskeidelik N$20,8 miljoen en N$13,4 miljoen.

Wat uitvoer betref, word die plaaslike vrugtebedryf deur druiwe, tamaties en dadels oorheers.

Gedurende die 2022-’23-oesseisoen het die druiwesektor voortgegaan om te floreer, aangesien die hoogste druiweproduksie ooit aangeteken is nadat die land 48 963 ton druiwe uitgevoer het, wat ’n inkomste van meer as N$1,1 miljard genereer het.

Druiwe wat van April tot Desember verlede jaar geoes is, het dié van die hele seisoen van 2021 met 16,6% oorskry – met 43 799 ton in 2022 en 37 711 ton in 2021.

“Byna alle druiwe wat geproduseer word, word uitgevoer (bv. 99,5% in 2022 en 99,1% in 2021),” lui die verslag.

Namibiese druiwe is gedurende 2022-’23 na lande soos Nederland (40%), die Verenigde Koninkryk (28%), Duitsland (15%) en Suid-Afrika (9%) uitgevoer. Gedurende die eerste kwartaal van vanjaar was druiwe ook boaan die uitvoerlys met buitelandse verdienste van N$79,9 miljoen. Die uitvoerwaarde van dadels en tamaties was ook beduidend op onderskeidelik N$58,2 miljoen en N$19,8 miljoen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 11° | 32° Rundu: 10° | 31° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 10° | 26° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 10° | 27° Henties Bay: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:35, High tide: 08:47, Low Tide: 14:47, High tide: 21:27 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:45, Low Tide: 14:45, High tide: 21:25 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:44, Low Tide: 14:45, High tide: 21:24 Rehoboth: 10° | 24° Mariental: 10° | 26° Keetmanshoop: 9° | 22° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 10° | 19° Ariamsvlei: 8° | 18° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 22° | 26° Gaborone: 11° | 26° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 13° | 24° Maseru: 5° | 20° Antananarivo: 12° | 21° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 12° | 15° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 20° Dar es Salaam: 22° | 32° Lusaka: 15° | 29° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.23 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.2 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1320 | USD to ZAR 18.69 | USD to ZMW 27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77161.71 Down -1.8% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1674.92 Down -2.89% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13313.64 Down -0.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 342.75/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.63/lb DOWN -0.0239 | Zinc US$ 3 080.30/T DOWN -0.21% | Brent Crude Oil US$ 82.38/BBP DOWN -0.0161 | Platinum US$ 1 026.01/OZ DOWN -0.0116 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 11° | 32° Rundu: 10° | 31° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 10° | 26° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 10° | 27° Henties Bay: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:35, High tide: 08:47, Low Tide: 14:47, High tide: 21:27 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:45, Low Tide: 14:45, High tide: 21:25 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:33, High tide: 08:44, Low Tide: 14:45, High tide: 21:24 Rehoboth: 10° | 24° Mariental: 10° | 26° Keetmanshoop: 9° | 22° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 10° | 19° Ariamsvlei: 8° | 18° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 22° | 26° Gaborone: 11° | 26° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 13° | 24° Maseru: 5° | 20° Antananarivo: 12° | 21° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 12° | 15° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 20° Dar es Salaam: 22° | 32° Lusaka: 15° | 29° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.23 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.2 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1320 | USD to ZAR 18.69 | USD to ZMW 27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77161.71 Down -1.8% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1674.92 Down -2.89% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13313.64 Down -0.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 342.75/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.63/lb DOWN -0.0239 | Zinc US$ 3 080.30/T DOWN -0.21% | Brent Crude Oil US$ 82.38/BBP DOWN -0.0161 | Platinum US$ 1 026.01/OZ DOWN -0.0116