Tuinbou-uitvoere styg skerp sedert 2016
Het meer as verdubbel
Sowat 50% van Namibië se vars vrugte en groente word na ander Afrikalande uitgevoer.
Ellanie Smit - Die uitvoer van Namibiese tuinbouprodukte het oor die afgelope sewe jaar meer as verdubbel en toegeneem van 41 412 ton in 2016 tot 86 259 ton vanjaar.
Volgens statistiek van die Namibiese Akkerbouraad (NAB) het die waarde van tuinbouprodukte wat uitgevoer word ook gedurende hierdie tydperk van N$674 miljoen tot meer as N$1,7 miljard gestyg.
Fidelis Mwazi, die uitvoerende hoof van die NAB, het in ’n voorlegging oor geleenthede vir die uitvoer en invoer van tuinbouprodukte gesê 50% van Namibië se vars vrugte en groente word na ander Afrikalande uitgevoer.
Mwazi het gesê Namibië produseer vrugte ter waarde van N$13,7 miljoen, vergeleke met N$268 miljoen se vrugte wat ingevoer word.
Boonop word groente ter waarde van N$313 miljoen geproduseer, terwyl invoere op N$255 miljoen gewaardeer word.
Die uitvoer van 48,9 ton druiwe was verantwoordelik vir meer as N$1,2 miljard se waarde vir tuinbou-uitvoere gedurende 2022-’23.
INVOER
Mwazi het gesê tuinbouprodukte wat gedurende 2022-’23 ingevoer is, het 28 911 ton beloop met ’n waarde van meer as N$326 miljoen.
Die top 15 ingevoerde produkte is verantwoordelik vir 92% hiervan, insluitend aartappels (34%), uie (17%), wortels (11%), botterskorsies (6%) en tamaties (6%).
Vergeleke met die vorige boekjaar het tuinbou-invoere egter afgeneem vanaf die 66 823 ton wat gedurende 2021-’22 ingevoer is.
Mwazi het gesê hul teiken is om teen 2025 60% van die markaandeelbevordering (MSP)-skema te bereik.
TUISFRONT
Die MSP is ’n plaaslike groeistrategie wat deur die NAB geïmplementeer is en ten doel het om tuinbouproduksie in Namibië aan te spoor en die verkope van plaaslik geproduseerde vars vrugte en groente te bevorder.
Dit word bereik deur invoerders – soos groothandelaars, spysenieringsmaatskappye en kleinhandelaars – aan te moedig om plaaslik aan te koop.
Die skema vereis dat invoerders van vars vrugte en groente Namibiese tuinbouprodukte moet aanskaf wat gelykstaande is aan ten minste die minimum persentasie faktor in geldwaarde per kwartaal. Hierdie faktor word bepaal en goedgekeur deur die NAB-raad op aanbeveling van die Nasionale Tuinbou Advieskomitee.
Die implementering van die MSP-skema word deur tuinbouheffings gefinansier. Die NAB vorder ’n 1,4%-heffing in op verkope deur plaaslike produsente, 5% op tuinbou-invoere en 1,4% van handelaars as ’n algemene heffing op aankope.
Die minimum MSP staan tans op 47%, wat dien as ’n voorvereiste vir die verkryging van ’n invoerpermit. Dit beteken slegs handelaars of invoerders wat die minimum MSP behaal het, word toegelaat om tuinbouprodukte sonder beperkings in te voer.
Aanvanklik het die MSP in 2005 by 5% begin. Die ingryping het egter gelei tot ’n toename in plaaslike vrugte- en groenteproduksie tot die huidige 47%.
Mwazi het bygevoeg die NAB se mandaat is om die landboubedryf te bevorder en om die produksie, verwerking, berging en bemarking van beheerde produkte in Namibië te fasiliteer.
Die raad beoog om ’n wêreldklas-reguleerder van ’n gediversifiseerde en volhoubare gewasbedryf te wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie