Speenkalwers stroom na Suid-Afrika

Meer as 79 000 skape uitgevoer
Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad sê in sy Maart-verslag dat vleisbemarking aansienlik toegeneem het weens die droogte.
Francoise Steynberg
Die droogtetoestande in die land het veebemarking aansienlik in die eerste kwartaal laat styg.

Die uitvoer van beeste op die hoef is op ’n jaargrondslag 71,3% hoër as in Maart verlede jaar, met hoofsaaklik speenkalwers wat na Suid-Afrika, Angola, Botswana en Zimbabwe uitgevoer is.

Altesaam 57 415 beeste is sedert die begin van die jaar uitgevoer, met die meeste uitvoere wat in Februarie aangeteken is.

Dit is volgens die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad se Maart-verslag.

In Maartmaand het die uitvoer van beeste op die hoef met 1,24% gedaal vanaf die 21 608 beeste wat in Februarie uitgevoer is.

Beesbemarking gedurende die eerste kwartaal het aansienlik toegeneem weens die droogte. Tot 99% van uitgevoerde beeste, hoofsaaklik speenkalwers, was vir Suid-Afrika bestem, en die oorblywende 1% is tussen Angola en Botswana verdeel.

Die meeste beeste wat na Suid-Afrika uitgevoer is, het na voerkrale gegaan, terwyl uitvoere na die res van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) vir boerdery (teeldoeleindes) uitgevoer is.

Speenkalfpryse het met N$3,42/kg gedaal – vanaf die Februarie-prys van N$25,55/kg tot N$22,13/kg in Maart. Speenkalfveilings suid van die veaartsenykordonheining het ’n afname van onderskeidelik 13,39% en 12,96% in veilingspryse van tollies en verse aangeteken.

Die daling in pryse was as gevolg van ’n styging van 2,16% in geelmieliepryse gedurende Maart.

“Die afname in die speenkalf en B2-karkasprysverhouding dui aan dat dit meer winsgewend is om speenkalwers tot slaggewig te laat groei, maar weens die droogtetoestande sal die uitvloei van speenkalwers na Suid-Afrika waarskynlik voortduur, ongeag stabiele en relatief hoë plaaslike produsentepryse,” lui die verslag.

Speenkalfpryse sal na verwagting in April 2024 met 6,16% tot N$23,49/kg styg, en B2-karkaspryse tot N$60,06/kg.

Uitvoerabattoirs het ’n groei in verslagting van 93,65% op ’n maand-tot-maand-basis gehad, en 28,17% op ’n jaargrondslag.

“Verslagting by plaaslike abattoirs het ’n trae groei van 52,36% op ’n jaar-tot-jaar-basis aangeteken,” lui die verslag.

SKAPE

Lewende skaapuitvoere het op ’n maand-tot-maand-grondslag met 64% toegeneem, van die 48 242 skape wat in Februarie uitgevoer is tot 79 033 wat in Maart uitgevoer is, maar het aansienlik afgeneem op ’n jaar-tot-jaar-basis.

Verder het verslagting by uitvoer- en plaaslike abattoirs met onderskeidelik 17% en 13% toegeneem.

Gedurende Maart het produsente mededingende pryse by abattoirs behaal, volgens die Lewendehawe-raad.

Die meerderheid van die uitvoere in Maart (98%) het na Suid-Afrikaanse abattoirs gegaan, terwyl die res, slegs 2% na Angola uitgevoer is. Verslagting by uitvoerabattoirs het op ’n jaar-tot-jaar-grondslag met 41% gedaal.

Suid-Afrikaanse pryse het ’n relatief stabiele dalende neiging van 3,21% in Maart getoon.

BOKKE

Altesaam 9 175 bokke is op die hoef in Maart uitgevoer, ’n toename van 21,23% op ’n maand-tot-maand-grondsalg. Dit toon ’n merkbare toename in lewende uitvoere sedert die begin van die jaar. Suid-Afrika maak 98% van die totale uitvoer van lewende bokke uit Namibië uit, gevolg deur Zimbabwe en Zambië teen 1% elk.

Die algehele uitvoer van lewende bokke het op ’n jaar-tot-jaar-grondslag tot 7,35% toegeneem.

Boklam- en ooiveilingspryse het op ’n jaar-tot-jaar-grondslag onderskeidelik tot 11,54% en 3,47% gedaal. Die pryse van kapaters en ramme het egter op ’n maand-tot-maand-grondslag onderskeidelik met 4,22% en 20,81% gestyg.

VARKE

Slegs 4 100 varke is gedurende Maart by die Mariental- en Halooli-abattoirs geslag, wat met 7% op ’n maand-tot-maand-basis gegroei het vanaf die 3 846 varke wat in Februarie geslag is.

Die slagkoerse van varke het ’n opwaartse neiging getoon, met die hoogste slagkoers van 4 307 varke wat in Januarie aangeteken is.

Namibië se plafonprys vir varkvleis bly vasgestel op N$51,03/kg. Suid-Afrikaanse varkvleispryse het insgelyks van die N$31,40/kg in Februarie tot N$31,81/kg in Maart gestyg. Dit toon ’n groei van 1,31% op ’n maand-tot-maand-grondslag.

Varkafval is die grootste ingevoerde produk in Januarie 2024, met meer as 300 ton wat ingevoer word. Die invoer van varkkarkasse het op ’n maand-tot-maand-grondslag met 68% gedaal, terwyl gaar varkvleis en ongekookte verwerkte varkvleis met 32% gedaal het.

Varkafval het 54% van die totale invoer van varkvleis vir Maart uitgemaak, gevolg deur gaar varkvleis en ongekookte verwerkte varkvleis wat 30% van die totale invoer uitgemaak het, en varkkarkasse 12%.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.14/OZ DOWN -0.0102 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0036 | Zinc US$ 2 919.10/T DOWN -0.04% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 955.56/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.14/OZ DOWN -0.0102 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0036 | Zinc US$ 2 919.10/T DOWN -0.04% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 955.56/OZ UP +0.01%