Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF). FOTO ELVIRA HATTINGH
Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF). FOTO ELVIRA HATTINGH

Savanna-beleggings ʼn ‘reuse sukses’

Produsente sorg self vir 73% van kapitaal
Altesaam 549 produsente het met ʼn indrukwekkende N$146 miljoen vorendag gekom, wat beteken nog net N$54 miljoen is nodig om die nodige kapitaal van N$200 000 te hê.
Elvira Hattingh
Namibiese beesboere het in totaal ʼn indrukwekkende N$146 miljoen in die beplande Savanna Beef Processors (SBP) belê en dus self sowat 73% van die beskikbare N$200 miljoen-aandele opgekoop.

Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF,) het Vrydag in ‘n mediaverklaring gesê hulle beskou hierdie as ʼn “reuse-sukses, gegewe die aanvanklike teiken om N$100 miljoen van produsente in te samel.”

Hy sê altesaam 549 beesprodusente het in die beplande uitvoer-abattoir belê. Die eerste beleggingsronde het van 24 April tot 24 Junie geduur, waartydens Cirrus Capital en lede van die BVCF se taakspan landswyd gereis het om die projek se beleggingstrategie asook sakeplan aan die land se beesboere bekend te stel.

“Die volgende stap is om die res van die fondse te versamel om die teiken van N$200 000 te bereik. Tans is die SBP-raad besig om ʼn strategie te ontwikkel om die uitstaande N$54 miljoen in te samel – moontlik deur ʼn tweede ronde vir beleggings in die tweede helfte van 2022,” het hy gesê.

“Tot nou het die projek, wat ʼn produsent-gedrewe inisiatief is, wye en ongekende ondersteuning uit die Namibiese beesboerderygemeenskap ontvang, met die insamelingsproses van kapitaal wat die laaste weke van die eerste ronde momentum begin kry het,” het Schneider gesê.

REGERINGS-ONDERSTEUNING?

Dit blyk dat die regering ook “saamstem” met die inisiatief.

Mnr. Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming, het die verlede week tydens Bank Windhoek se aanlyn landboupraatjies gesê “ons stem saam met diegene wat werk vir ʼn beter balans tussen speenkalf- en beesvleisuitvoere.”

Hy het vermoedelik na die forum se werk verwys en bygevoeg dat Namibië se lewendehawe-produksievlakke ver onder sy potensiaal is en ook die sweep ingelê oor “geregistreerde abattoirs” waar die situasie “desperaat” is, met geen een wat glo ʼn sterk genoeg deurset het om dit lewensvatbaar te maak nie.

“Die instansies wat geskep is om produsente te help, het ʼn las vir hulle geword. As gevolg van gebrekkige bestuur word daar druk op pryse geplaas en ondersteunende dienste aan produsente verminder.

“Ons het ondernemings nodig wat produsente waarlik ondersteun, beide deur middel van ondersteuningsdienste en beter pryse vir beheerde produkte,” het hy bygevoeg.

Schlettwein sê waar moontlik, moet Namibië beeste produseer wat slaggereed is. “Waar dit nie moontlik is nie, is speenkalfuitvoere die antwoord,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat Namibië verander het na ʼn produseerder van ru-materiaal en ʼn invoerder van verwerkte vleisprodukte, wat beteken die land mis die geleentheid op beduidende ekonomiese voordele binne die winsgewende markte.

TUISGROEI

Schneider het Vrydag ook gesê die forum se inisiatief bevorder die regering se “tuisgroei-strategie, terwyl SBP buitelandse valuta sal verdien, werksgeleenthede sal skep en as ʼn inisiatief beskou word “wat die krimpende landelike ekonomie in Namibië kan omkeer".

Hy het gesê die projek se doel is om ʼn volhoubare slagbees- en bemarkingsbedyf te skep, en om ʼn vooruitstrewende toekoms vir die Namibiese beesvleisbedryf te verseker met behulp van winsgewende beesvleisuitvoere.

“As voorsitter van SBP en namens die BVCF-taakspan, wil ek alle produsente bedank wat die vertroue gehad het om in hierdie nuwe beesvleisverwerkingsfasiliteit te belê.

“Dit is ʼn duidelike bewys daarvan dat daar ʼn behoefte bestaan om die winsgewendheid van beesboerderye te verbeter. Die meeste van ons is oorweldig deur die ondersteuning . . . Deur dié produsent-gedrewe inisiatief moet ons beheer van ons produk neem tot voordeel van produsente,” het Schneider gesê.

“Deur die private plasing vir Savanna Beef Processors Ltd het ons 'n unieke uitdaging aangepak om 'n nuut-geïnkorporeerde, openbare maatskappy te kapitaliseer en slegs beesvleisprodusente te nooi om deel te neem,” het Cirrus Capital se mnr. Romé Mostert gesê.

“Cirrus Capital se span is verras deur die geesdrif van die Namibiese boerderygemeenskap en die opgewondenheid om deel van die nuwe projek te wees,. Dit was werklik ʼn eer om betrokke te wees by hierdie proses saam met die BVCF en Savanna,” sê Mostert.

AGTERGROND

Schneider het verduidelik ’n voorlopige haalbaarheidstudie van die Namibiese beesvleiswaardeketting, wat vroeg in 2020 afgehandel is, het die tekortkominge in die bedryf uitgewys. Daar is toe ook ʼn opname van die winsgewendheid van beesvleisuitvoere gemaak.

Hy sê die BVCF het dit opgevolg deur ʼn volledige haalbaarheidstudie asook ʼn finansierbare sakeplan, wat deur die forum en sy lede goedgekeur is. Dit het tot die registrasie van die maatskappy SBP gelei en daarna is die insamelingsproses vir kapitaal begin.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053