Savanna Beef Processors se raad: Agter van links is mnre. John Muinjo, Frederik Voigts, Harald Marggraff, Fanie Oosthuizen en Ebbie Fischer. Voor van links is mnre. Diethelm Metzger (ondervoorsitter) en Mecki Schneider (voorsitter).
Savanna Beef Processors se raad: Agter van links is mnre. John Muinjo, Frederik Voigts, Harald Marggraff, Fanie Oosthuizen en Ebbie Fischer. Voor van links is mnre. Diethelm Metzger (ondervoorsitter) en Mecki Schneider (voorsitter).

Savanna Beef: Boere koop 81% se aandele

Tweede beleggingsvenster sluit Vrydag
Terwyl talle beleggingsaansoeke vir die beplande Savanna Beef Processors-abattoir oor die volgende dae verwag word, was daar teen toemaaktyd op Maandag nog net N$36,6 miljoen se aandele beskikbaar.
Elvira Hattingh
Sedert die tweede beleggingsvenster op 19 Augustus vir die beplande Savanna Beef Processors (SBP) geopen het, het 93 beesboere tot en met Maandag met nog N$17,734 miljoen vorendag gekom.

Dit beteken in totaal het 640 beesprodusente nou reeds N$163,7 miljoen van die beskikbare N$200 miljoen se aandele opgekoop en staan hul aandeelhouding op ’n rapsie minder as 82%.

Terselfdertyd word meer aansoeke oor die volgende paar dae verwag, voor die beleggingsgeleentheid, wat tans slegs vir beesprodusente is, eerskomende Vrydag sluit.

Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF) asook voorsitter van die SBP-raad, het op die eerste dag nadat die beleggingsvenster geopen het, laat weet die mikpunt van 75%-aandeelhouding is toe reeds deur produsente verbygesteek.

Toe reeds het 39 produsente altesaam N$12,258 miljoen na die tafel gebring. Aanvanklik het die forum gesê vir die projek om lewensvatbaar te wees, moet produsente ten minste sowat N$100 miljoen belê.

DERDE PROMOSIETOER

Intussen het die BVCF asook Cirrus Capital vir ’n derde keer ’n landswye promosietoer vir SBP op Grootfontein, Otavi, Outjo, Otjiwarongo, Gobabis, Leonardville en in Windhoek tussen 22 en 25 Augustus gehou.

Dit is gedoen om produsente te help met hul aansoeke om aandele te koop.

Die BVCF dien as die SBP se lede-organisasie.

Die BVCF het ook op Dinsdag 16 Augustus hul eerste jaarvergadering in Windhoek gehou, wat deur sowat 220 mense bygewoon is.

Tydens die geleentheid is daar, onder meer ooreengekom vir die verdere ontwikkeling van die Brukarros-abattoir op Keetmanshoop omdat dit dalk reeds binne ’n jaar kan heropen – wat beteken die BVCF mag dalk binnekort reeds die geleentheid gebied word om hul planne in werking te stel.

Intussen vorder reëlings en ooreenkomste tussen die BVCF, Brukarros se eienaar en die waardekettingspesialis NULEXiS goed vir die finansiering, aandeelhouding asook opgradering van die aanleg, terwyl daar binnekort finaal besluit sal word waar die SBP-abattoir opgerig moet word.

Verskeie faktore sal in ag geneem word, insluitend die beskikbaarheid van water, elektrisiteit en ’n werksmag. Wanneer die SBP-aanleg voltooi is, is die plan dat Brukarros die suide van die land moet bedien.

Verder is mnre. Frederik Voigts, Diethelm Metzger, Ebbie Fischer en Mecki Schneider tydens die jaarvergadering verkies om vir drie jaar op die BVCF-komitee te dien, terwyl mnre. John Muinjo, Fanie Oosthuizen, Harald Marggraff en Bernhard Vente verkies is om vir twee jaar lank op die komitee te dien.

TWEEDE RONDTE

Vóór die opening van die tweede beleggingsrondte, was daar nog sowat N$54 miljoen se aandele beskikbaar, met produsente wat toe reeds N$146 miljoen van die beskikbare N$200 miljoen opgekoop het.

Die forum het gesê sou té veel aansoeke vir beleggings ontvang word, berus dit by die raad om te besluit oor wie aandele kry en in watter verhouding dit toegeken sal word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!