SA beeste beweeg steeds onbelemmerd oor Oranje
‘Drakoniese’ invoermaatreëls by grensposte
'n Inligtingsveldtog oor bek-en-klouseer van die direktoraat veeartsenydienste (DVS) en die Lewendehawe en Lewendehaweprodukteraad (LLPB) vind van vandag tot 18 September in die streke van ||Kharas, Hardap en Omaheke plaas.
Terwyl die direktoraat van veeartsenydienste (DVS) streng regulasies by Namibiese grensposte toepas om bek-en-klouseer (BKS) uit buurlande te keer, beweeg Suid-Afrikaanse beeste steeds onbelemmerd oor die Oranjerivier.
Verskeie ouers van Namibiese studente en leerlinge wat in Suid-Afrika studeer, het Republikein gekontak oor hoe hulle glo by grensposte geteiken word, voertuie moet afpak, alle bagasie deursoek en gemagtigde items gekonfiskeer word. Verskeie reisigers het ook oor die "drakoniese" regulasies gekla.
Die afgetrede staats- en wildveearts, dr. Pete Morkel, smeek al vir 15 jaar vir DVS in die ministerie van landbou, visserye, water en grondhervorming om inspeksie van ongemerkte vee langs die Oranjerivier te doen weens die risiko van bek-en-klouseer. Morkel is die eienaar van die eiendomme Pelgrimsrust 100 en Kambreek 104 langs die rivier waar sy vrese groei vir die uitbreking van BKS met "beeste en bokke - almal ongemerk, ongeregistreerd en met 'n onbekende siektestatus - by die Basson-kamp naby die rivier".
“Veeartseny het nou eers twee inspeksies in 15 jaar gedoen. Komaan!” het Morkel gesê.
Verlede Maandagaand is 350 ongemerkte bokke, agt kalwers en sewe ongemerkte beeste ook by die kamp van Willem Basson en sy familie gevind met wie Morkel in 'n hofgeding oor 'n grondkwessie gewikkel is. Die veeartsenybeampte is deur ‘n polisiebeampte weens veiligheidsmaatreëls vergesel en het op ‘n daggaplant en ammunisie op die toneel van die kamp afgekom. ‘n Werker is in hegtenis geneem en het Woensdag op ‘n klag van die onwettige besit van ‘n daggaplant in die Karasburg-landdroshof verskyn. Hy is op borgtog vrygelaat. Volgens Morkel is die beeste intussen van die kamp verwyder, maar daar is nog steeds bokke.
Basson het in ‘n heftige telefoongesprek met Republikein gevra of die beeste positief vir BKS getoets het. Op die vraag van Republikein waarom ongemerkte beeste en beeste met Suid-Afrikaanse oorplaatjies noord van die Oranjerivier is, het hy benadruk dit is Suid-Afrikaanse gebied.
“Julle het geskryf ek is ‘n plakker. Ek het nog daardie koerant. F*kof!” het hy woedend geskree en die oproep beëindig.
BASSON WAARSKU
Die beweging van vee vanaf Suid-Afrika vind steeds onbelemmerd plaasgevind, soos in ‘n video van Morkel se skoonseun, Adriaan Mulder van Sandfontein Lodge, wat hy Woensdag geneem het.
Basson het in ‘n WhatsApp-stemboodskap aan Mulder gesê: ”Adriaan, Adriaan, Adriaan, ek wil jou net waarsku, ek is besig om ‘n klag te ondersoek. Of dit Suid-Afrikaanse bees of Namibiese bees is, hulle is in ‘boundary’. Dit gaan gevaarlik wees. Sien en los die goed af tot ek Sondag daar kom. Jy vat nie aan die bees nie, jy ja nie die bees aan nie, jy neem nie foto’s van die beeste nie. Bly weg!”
Op dieselfde dag het die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) ‘n kennisgewing uitgereik met ‘n inligtingsveldtog van die DVS en die Lewendehawe en Lewendehaweprodukte raad (LLPB) wat van vandag tot 18 September in die streke van ||Kharas, Hardap en Omaheke van stapel gestuur word.
“Namate die risiko van BKS in Namibië toeneem, het elke rolspeler in die veewaardeketting 'n plig om ingelig te bly en aktief by te dra tot die handhawing van die land se siektevrye status in die BKS-vrye sone. Dit is van kritieke belang vir vleisuitvoere en dergelike handelsgeleenthede vir Namibië.” lui die verklaring.
“Die doel van hierdie sessies is om inligting deur te gee, en ook om te dien as strategiese platforms waar boere en belanghebbendes kan gesels oor die risikofaktore en potensiële gevolge van 'n BKS-uitbreking, die rol van produsente en die res van die waardeketting, asook die huidige beheermaatreëls wat by grensposte in plek is.”
Die vergaderings is daarop gemik om boere, invoerders, uitvoerders, vervoermaatskappye, veilingshuise, agente en ander belanghebbendes te bereik, met spesiale klem op boere langs die suidelike grens, wat 'n belangrike rol speel in siektevoorkoming en -beheerpogings.
"Die Namibiese Landbou-unie (NLU) en LPO wil alle rolspelers in die veewaardeketting ernstig versoek om hierdie vergaderings by te woon en om met 'n positiewe gesindheid DVS te ondersteun in hul optrede om die BKS-vry sone van Namibië te beskerm," lui die verklaring.
SKEDULE VIR VERGADERINGS
Vergaderings vind vanaf 09:00 tot 13:00 plaas en is soos volg geskeduleer:
Vandag op Karasburg by die Verre Suide Boereverenigingsaal, Woensdag by die Karasburg kommunale gebied (Bondelswarts) by die Gabis Rooms-Katolieke kerksaal, Donderdag op Aroab by die Aroab Boereverenigingsaal, Vrydag op Keetmanshoop by Central Lodge, Maandag 15 September op Gobabis by die NG-kerksaal, 16 September op Aminuis by die Aminuis-veilingskrale, 17 September by Akanous, Mariental, in die Onder-Nossob Boereverenigingsaal en op 18 September op Mariental by die NLA-veilingskrale.
In reaksie sê Morkel "daar is nie meer tyd vir vergaderigs hou nie, dit is nou tyd vir aksie. Nog meer bla bla bla. Veeartseny moet begin om hul werk te doen. Begin die reëls en regulasies toepas. Vestig ‘n lewendehawe-vrye sone langs die rivier. Sit jul voete neer. Enige onwettige diere wat daar gevind word, moet van kant gemaak word. Bla bla bla gaan niks doen nie."
STRENG INVOERMAATREëLS
Intussen herinner DVS alle reisigers daaraan dat geen produkte van gesplete-hoef diere sonder 'n veeartseny-invoerpermit na Namibië ingevoer mag word nie.
Dit beteken dat die vorige reëlings met Suid-Afrika, wat sekere produkte vir eie gebruik na Namibië toegelaat het, nie meer geldig is nie. Indien reisigers egter ’n geldige Namibiese veeartsenyinvoerpermit het, mag items soos heelgaar vleis, ingemaakte vleis, verwerkte vleis, melk en soortgelyke produkte na Namibië gebring word.
“Reisigers word dus verplig om die nodige permitte by die invoerkantoor in Windhoek aan te vra voordat hulle enige van die genoemde goedere na Namibië bring. Vir verdere inligting en navrae, kontak DVS se invoer- en uitvoerbeheer by 061 208 7890/1/2 of LLPB by 061 275 841.
- [email protected]
Klik op die skakel by https://q.my.na/6GQ0

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie