#PasIn: Meatco verhoog sy inkomste met N$113 miljoen
Meatco het 590 ton meer beesvleis verkoop en sy inkomste met N$113 miljoen verhoog in vergelyking met die vorige jaar.
Dit volgens Meatco se nuwe jaarverslag wat vandag vrygestel is tydens sy Algemene Jaarvergadering vir die finansiële periode 1 Februarie 2022 tot 31 Januarie 2023.
Vir die periode onder oorsig, het Meatco N$1 miljard se waarde ingespuit na verskeie belanghebbendes, aldus die verslag.
Die verslag deel inligting oor bestuur, strategieë, prestasie en vooruitsigte, terwyl dit 'n oorsig bied van belangrike ontwikkelings in die besigheid vir die periode onder oorsig.
"Robuuste pogings is gedurende die huidige verslagperiode ingestel om die besigheid na sy visie te rig en sy strategiese doelwitte te verwesenlik," volgens die verslag.
Die waarde wat aan produsente betaal is, beloop 73%, werknemerkoste 22%, verskaffers 30% en finansiële koste 8%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie