PAS IN: BEK-EN-KLOUSEER
Die minister in die Namibiese Presidensie en waarnemende minister van landbou, visserye, water en grondhervorming (MAFWLR), Charles Mubita, het 'n beroep op die nasie gedoen om die FMD-ondersteuningsfonds te steun, wat daarop gemik is om fondse vir die stryd teen bek-en-klouseer (FMD) in te samel.
"Ons doen dus 'n beroep op die algemene publiek, die openbare en private sektor, asook ontwikkelingsvennote, om tot die FMD-ondersteuningsfonds by te dra, aangesien dit die regering sal help om maatreëls te verskerp wat nodig is om die uitbreking van bek-en-klouseer doeltreffend te hanteer."
Vir bydraes tot die FMD-ondersteuningsfonds kan die volgende persone gekontak word:
1. Dr. Ingrid Henckert-Weissnar - Projekbestuurder – +264 811 276161; Bankbesonderhede: FNB Namibië, Windhoek Corporate Centre 281872 64290199172; 2. Bank Windhoek, Kudu-tak 482172 8052561959.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie