PAS IN: BEK-EN-KLOUSEER
Die minister in die Namibiese presidensie en waarnemende minister van landbou, visserye, water en grondhervorming (MAFWLR), Charles Mubita, het by Staatshuis gesê dat die inkubasietydperk van 14 dae vir bek-en-klouseer steeds aan die gang is.
"Die opheffing van sekere beperkings sal bekend gemaak word. Ek doen 'n beroep op elke Namibiër om ten volle met die owerhede saam te werk tydens hierdie moeilike tydperk."
Hy het gesê die regering sal die publiek op hoogte hou sodra daar nuwe ontwikkelings oor hierdie kritieke situasie is. Mubita het geen vrae van die media toegelaat nie.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie